Redakteurs wil weer met EFF vergader

EFF-leier Julius Malema. (Foto: EFF/Twitter)

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) gaan die EFF se leiers formeel nader in nóg ʼn poging om die EFF se verbod op sekere media by sy geleenthede te bespreek.

Sanef het Sondag sy September-maandvergadering gehou en verskeie kwessies bespreek, waaronder ook die EFF se verbanning van die ondersoekende eenhede amaBhungane, Scorpio en Daily Maverick van EFF-funksies soos mediakonferensies, het Sanef gesê.

Die EFF het die naweek na Sanef gekap en wou onder meer weet waar die redakteursforum was toe daar in die EFF-leiers se asblikke gegrawe is in ʼn poging om hulle te diskrediteer, of toe ʼn joernalis na bewering ʼn neerhalende opmerking oor Malema by ʼn mediakonferensie gemaak het.

Sanef sê egter dit is vir hom belangrik om steeds met die EFF-leiers te probeer vergader.

“Ons glo dit is baie belangrik om kommunikasiekanale oop te hou en ons gaan formeel vra vir ʼn vergadering.”

Sanef het ook sy solidariteit met die “ingeperkte” joernaliste en hulle werk om die EFF verantwoordbaar te hou, te kenne gegee.

“Sanef neem kennis dat die verbod volg op ʼn Scorpio-onthulling oor Malema, die party se adjunkpresident Floyd Shivambu, Shivambu se broer Brian, asook ʼn familielid van Malema. Scorpio het beweer dat ʼn oorbetaling van R16,1 miljoen van VBS [-bank, wat sedertdien gesluit is] na Brian Shivambu se maatskappy, Sgameka Projekte, oorbetaal is.

“Scorpio het voorts beweer dat minstens R5,3 miljoen van die R16,1 miljoen na Mahuna Investments oorgeplaas is. Scorpio het berig dat mnr. Malema Mahuna Investments se sakerekening as sy persoonlike fonds gebruik het.”

Sanef het Malema en ander EFF-leiers wat betrek word, gevra om die bewerings as onwaar te bewys, of om die gepaste kanale, soos die kantoor van die ombudsman of die persraad, te nader as hulle te na gekom voel deur enige van die beriggewing.

Die forum het gesê dit is onaanvaarbaar vir die EFF om te reageer deur verslaggewers van mediakonferensies te verban. “Vantevore het ons ook ander verbannings, soos die EFF se verbanning van ANN7 en New Age, teengestaan.”

Sanef het gesê politieke partye kan nie kies wie hulle geleenthede dek nie, asook dat dit die plig van verslaggewers is om diegene met mag verantwoordbaar te hou en in die openbare belang op te tree.

Sanef en nog vyf verslaggewers het die EFF vroeër gelykheidshof toe gesleep ná ʼn vlaag misbruik en teistering deur mense wat sê hulle is EFF-ondersteuners.

“Die kern van die saak is Malema en die EFF-leiers se uitsondering van geteikende, individuele verslaggewers en die skep van ʼn omgewing vir misbruik en teistering teen hulle,” het Sanef gesê.

Uitspraak in die saak is voorbehou.

Sanef het gesê hy vergader later vandeesmaand oor die teistering van verslaggewers en alle politieke partye, ook die EFF, sal na die vergadering genooi word. Hy hoop die EFF gaan dit bywoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

koos ·

Is julle laf. Die media hou hierdie nar aan die gang en laat hom toe om sy rassisme lewendig te hou en te versprei.

Bernard Hellberg ·

Stem saam – publisiteit is hulle lewensbloed. Ignoreer sal die doodskoot wees

Polla Roux ·

In die kol Koos Ignoreer die klom narre geheel en al . Hulle sal gou van deuntjie verander

Cherokee ·

Soos jy sê PJ, malema kry te veel aandag en inderwaarheid, koos ook. Daar was bewerings van bedrogsake teen malema en ek hoop werklik soos in stroes bob dit word opgevolg.

Peet ·

NEE, NEE, NEE. Die spulletjie kry klaar teveel gratis publisiteit. Hulle hele houding spreek van arogansie.

Manie van Worcester ·

kruip om polities korrek te wees, hy gee nie n flenter om nie

Renee ·

Wie is die eff jou……….. Die eff is niks het nie eers respek vir die naam van JESUS nie jou………. Kruip jy gaan ee dag voor GOD kruip

Piet parys ·

Wat van ek daag die media uit om die eff geen nuus dekking te gee nie behalwe as hy tronk toe gaan dan sal ons sien hoe hy vinnig dikbek word. Sonder media is hy niks

Johan ·

Omdat die EFF die heeltyd onsinnige verdeeldheid wil saai, moet hulle totaal in die media geïgnoreer word. Handhaaf ‘n permanente stilte wat hulle betref……

Gert van Wierdapark ·

Die leier van die EFF moet met die kous oor die kop huis toe gestuur word sodat hy die nuwe lyer van die Efl kan word!

Jannie van Niekerk ·

Malema en sy millitante trawante teer op Media aandag. Sanef en alle Media huise moet hulle eenvoudig net ignoreer en geen media dekking aan hulle gee nie. Dan sal daar ook minder plaasmoorde wees, want dan kan hy nie die TV en Koerante gebruik om mense op te sweep nie.

Louwboepens ·

NEE SANEF.Hou asseblief op om voor die EFF te kruip.Hoe minder publisiteit hulle saam met hulle kamtige HOOFKOMMANDANT kry hoe beter sal dit vir ons land wees.Hulle sal nog die oorsaak wees as `n burgeroorlog hier uitbreek.Ons is nou keelvol vir hulle dreigemente.

Hasie ·

Herstel: Hoe minder ‘n mens van die eff (gemors) hoor of lees, hoe beter.

Stormjaars ·

Ek weet net dat malema oopenlik oorlog verklaar het teen die blanke volk. Wees net reg vir hom en sy soort. Wat hy nog te se het pla my min. Ek hou net my ore oop vir as die lot een voet in my rigting gaan gee. Onthou net. Oorlog is nie mooi nie.

Neels ·

Ek het dit voorheen in ‘n ander pos gesê – ek kan nie verstaan waarom die pers so wil kruip voor hierdie gespuis nie. Gee hulle GEEN publisiteit, GEEN dekking – TV of radio – en sien hoe vinnig verander hulle van deuntjie. Hulle is werklik nie al die aandag werd nie, so betaal hulle in eie munt terug – IGNOREER HULLE IN TOTALITEIT!

SjN ·

Hulle kry te veel gratis publisiteit, geen verdere berig gewing oor die klomp nie asb

Jerry ·

Verkeerde strategie van Sanef om met eff te wil vergader. Die eff kan beperkings op joernaliste plaas en joernaliste kan die beperkings ignoreer, doelbewus oortree en video bewyse maak van eff intimidasie teen joernaliste en sodoende die eff aankla en laat vervolg totdat die eff te bang sal wees om aan n joernalis te vat!

B ·

JA ne, julle het die tiertjie groot gemaak, en nou? ????????????

JohanL ·

Wens die media in totaliteit wil die EFF uit eie keuse uitlos. Almal weet mos nou al dis die gespuis in ons land. Hulle wakker net rassehaat aan en hoe minder die publiek hoor , hoe beter.

Koos de Meyer. ·

Waarom wil die pers nou weer kruip by die nar. Ons het nie sy publisiteit nodig nie, hy is in elk geval net ‘n opstoker wat jou tart. Maar hy moet maar mooi loop want die wiel draai.

Attie. ·

Die Afrikaanse media maak Malema populer. Indien hy 100% geignoreer word en alle stemgeregtigdes minder van hom hoor en sien dan sal hy swakker vaar by die stembus. Besef dit en los die mannetjie uit. Weet die pers nie hoe n kieser se kop werk nie ?

The Oracle ·

Dankie vir die waarheid… Maroela Media – hoop julle lees hierdie…

The Oracle ·

Hoekom? Wie geen om wat die EEF se mening is. Hou op (dei pers) om hulle blootstelling te gee dan sal hulle hopelik tot in die niet in verdwyn…

Judge Dredd ·

….ek hoop van die kommentare hier, besef – dat wat hulle vra die media moet teen Malema doen – doen meerderheid media alreeds jare lank teen Afrikaner belange……..

JohanR ·

Hoekom verneder die redakteurs hulself nog deur met die gemors te will ontmoet? Dit sal niemand in SA pla as ons nooit weer lees, sien of hoor van die EFF nie. Wie is die EFF nou weer?

Johan ·

Hoe minder nuusdekking oor die eff hoe beter. Dit is die enigste manier hoe hulle van die prentjie sal verdwyn

Hans ·

Man, al die drek en verbale diaree wat hy kwytraak kom elk geval op Twitter uit. Hy is n ongeskikte raasbek wat met regverdiging derduisende aan solidariteit en afriforum betaal elke nou en dan as hy sy bek oopmaak. Hou op om hom pulisiteit te gee maar hou asb aan om hom te “persecute”.

Lord Oom Piet ·

Nuusdekking van Malema en kie is n geldmaakfoefie vir die media. Hy verkoop hul koerante.

Weerhou eerder die suurstof wat sy rassevuur aanblaas. Hou heeltemaal op hom om enige nuusdekking te gee. Soos Multichoice vir Steve Hofmeyer lugtyd ontsê.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.