Reddingsplan vir Landbank versoek

TLU SA meen dit het tyd geword dat daar ʼn reddingsplan vir die sukkelende Landbank opgestel word, en landbouorganisasies moet die voortou neem.

Die organisasie ontvang al hoe meer navrae van landbouers oor waar hulle om finansiering kan aanklop, aangesien die Landbank nie oor die voldoende likwiditeit beskik nie. Die Landbank ontvang telkens ʼn reddingsboei, maar tog kan dit nie aan die mandaat voldoen nie.

“Om ʼn reddingsplan op te stel, moet ons egter eers kyk na die oorsake,” sê Henry Geldenhuys, die president van TLU SA. “Suid-Afrika se staatsbeheerde instansies word voor die voet die grond in bestuur. Kaderontplooiing, swart ekonomiese bevoordeling, korrupsie, selfverryking, onsinnige besteding – dit is die oorsaak van al die staatsbeheerde ondernemings, en ons ekonomie wat aan flarde is. Dit help nie die regering hou aan om geld na die instansies toe te gooi, maar die geld word wanbestuur nie.”

Die groter probleem met die wanbestuur van die Landbank is dat dit afgesien van die verspilling, ook ʼn direkte invloed op noodsaaklike voedselvoorsiening het. Die grootste gedeelte van die bevolking woon in stede en is afhanklik van kommersiële landbou vir voedsel.”

Geldenhuys sê die regering dra nie by om kommersiële landbou te ondersteun nie. “Geen ramphulp, geen droogtehulp, geen fondse kom by kommersiële landbouers uit nie. Maar bestaansboere – wat maar 1% van voedsel voorsien – ontvang weereens miljarde rande in staatsondersteuning. Die staat is kommersiële landbou se grootste vyand.”

TLU SA stel voor dat die fondse wat aan staatsbeheerde ondernemings wat nie bydra om in voedsel te voorsien nie – soos SAL, Denel en die SAUK – eerder na ʼn hergestruktureerde Landbank vloei. Koöperasies, handelsbanke en landbouleiers moet so spoedig moontlik byeen kom om hierdie reddingsplan vir die Landbank te bespreek en op die been te kry.

“Dit het tyd geword dat landbourolspelers beheer neem oor landbou in die land,” sê Geldenhuys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Hennie ·

Hoe sal ‘n reddingsplan help as die filisteine die die fondse aanhou plunder? Het dit nie tyd geword om ‘n koöperatiewe landbank te begin met wit boere in beheer nie?

Janine ·

Eers wanneer ‘our people’ SONDER kos sit, sal die regering MISKIEN reageer! Wanneer die lot besef kos kom nie van Woolies af nie…

Johan ·

My beskeie mening is dat dit reeds te laat is. Hierdie onbevoegde mense het Suid-Afrika reeds oor die krans gestoot en met hulle, buite die tronkmure, gaan nooit die staatsbeheerde ondernemings ooit weer kan herstel nie!!

Johan ·

Ek stel ernstig voor dat die Landbank moet verdwyn(onthou,dis ń nalatenskap van die ‘slegte vorige bedeling’) Die enkele boere wat oor is,kan deur bestaande kommersiële banke gediens word….iemand,vertaal asb my pleidooi en stuur dit aan in 11 tale!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.