Reddingspoging by myn kan dae duur

(Argieffoto: pixabay)

Die mynwerkersvakbond NUM sê hy is diep bekommerd oor die groep mynwerkers wat steeds ondergrond vasgekeer is by Village Main Reef Ltd (VMR) se Tau Lekoa-goudmyn naby Orkney in Noordwes.

Volgens VMR is vyf werkers Vrydag vasgekeer ná ʼn rotsstorting sowat 1 350 m onder die oppervlak.

“Dit het gevolg op twee seismiese voorvalle – een van 2,3 en een van 2,1 – vroegmiddag by die myn,” het die maatskappy gesê.

“Een van die werkers is [gister] gered en word in ʼn hospitaal behandel. Pogings om die ander vasgekeerde werkers te red, duur voort.”

Volgens die NUM kon daar gister nog met die vier werkers gekommunikeer word. Daar was later egter geen reaksie meer nie. Die reddingspoging gaan na verwagting tussen drie en vier dae duur weens die enorme rotse wat steeds ondergronds neerstort.

“Die NUM glo sterk dat ingrypende optrede nodig is om die mynbedryf te dwing om aan veiligheidstandaarde en -prosedures te voldoen. Die NUM kan reeds voorsien dat die mynbedryf deur beeldpoetsery gaan voortgaan met sy lippediens en propaganda en aanvoer dat hy meer doen en meer gáán doen, terwyl hy die verlies aan produksie gaan betreur omdat die myn weens die sterftes gesluit moes word,” het die vakbond gesê.

Die NUM het gevra dat die staat die bedryf verantwoordelik hou vir sy tekortkominge en ʼn geen genade-benadering volg wat mynsterftes betref.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.

8 Kommentare

Stellie ·

Sluit die myn – dat almal sonder werk sit. Vakbonde is n groot probleem op die myne. Dis mos net eise (demands)!!

Willem Grobler ·

Is die seismiese voorvalle nou die myn se skuld? Of is dit maar net die gewone deuntjie van die Sosialistiese vakbond?

Janna ·

Ja, die myn moet die skuld kry.? Altyd die Num sage. Hulle het nog nooit verstaan dat natuurlike faktore n rol speel nie. Ek wonder of hulle die gebeure verstaan?????

JZ ·

Die vakbonde wil maar net n paarpunte ‘skor’ om hulle lede n rat voor die oe te draai dat hulle kamig om gee.laat my dink aan die SAL .dan stry die vakbond en wil die skuld onken soos altyd.

Sarel ·

Myn se naam ontbreek in berig se hoof. Is dit dalk onwettige mynbedrywighede?

antie ·

ek stem…sluit die myn en voldoen aan die eise en laat nog meer mense werkloos ens… die unie het sy geld gekry…dis jammer dat baie werkers se verstandelike vermoee so is dat dit al werk is wat hulle kan doen….dis n feit dat baie net kan doen wat vir hulle gese word en soms is dit juis menslike foute en tekorte wat baie ongelukke by die werk veroorsaak….

George in Bloem ·

Verkoop die myn aan die unie. Hulle weet mos van alles beter so dan sal dit mos baie beter gaan?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.