Reddingspoging duur voort by Sibanye-Stilwater

Sibanye-Stilwater se Masakhane-myn in Driefontein (Foto: Matthews Baloi/ANA)

Reddingspogings duur voort om drie myners te red wat ondergrond vasgekeer is by Sibanye-Stilwater se myn in Driefontein, Carletonville in Gauteng.

James Wellsted, woordvoerder van Sibanye-Stilwater, het gesê die reddingspoging is Vrydagmiddag tydelik opgeskort vir twee seismiese gebeurtenisse. Die episentrum van die onlangse skuddings is ongeveer 3 km weg van die perseel waar die myners vermoedelik vasgekeer is. Die reddingspoging het daarna weer hervat.

Maroela Media het vroeër berig dertien persone is Donderdagaand ondergrond vasgekeer. Minstens vier mynwerkers is dood by die myn. Wellsted het bevestig die sterftes word verbind met seismiese aktiwiteit Donderdag by die myn.

Ses persone word in die hospitaal behandel en drie ander moet nog gevind word.

Wellsted het bygevoeg die maatskappy en departement van minerale hulpbronne sal die saak verder ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.