Reddingspoging duur voort vir vyf myners

Argieffoto

ʼn Reddingspoging duur voort by die Kusasalethu-myn in Carletonville waar vyf myners ondergrond vasgekeer is.

Die persone is ongeveer 3.1 km ondergrond vasgekeer, het Harmony Gold gesê.

“Reddingsbeamptes sal na die myners soek totdat ons hulle gevind het. Om hulle lewens te red is ons prioriteit op die oomblik,” het woordvoerder Marian van der Walt gesê.

Volgens haar was ongeveer 3 000 myners besig met hul werk toe gedeeltes van die myn Vrydagoggend omstreeks 10:30 ingestort het. “Dit is nog nie duidelik of die instorting die gevolg is van mynboubedrywighede of seismiese golwe nie,” het sy bygevoeg.

Dit is slegs die vyf myners wat ondergrond vasgekeer is. “Ons oorweeg ʼn paar opsies vir die reddingspoging, terwyl almal se veiligheid in gedagte gehou word.”

Die vyf myners het hul veiligheidspakke by hulle.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Mynopmeter ·

Jy wat nooit ondergrond gewerk het sal jou kan indink oor die omstandighede waarin hierdie vasgekeerdes hulle bevind. Bid vir hulle.

Chris Ws ·

Skuddings (ook bekend as “bumps”) elke paar minute met klippe en rotse wat ooral val en by dit BAIE warm toestande en moontlik ‘n tekort aan vars lug(ventilasie).Dan stik donkerte ook nog want die koplampies se battery het maar ongeveer 10 -12 uur leeftyd.Ja vir iemand wat nog nie in ‘n myn af was nie klink dit na niks.Tot jy dit self ervaar.Dis hel op aarde en dan kritiseer baie mense ‘n “myner” en sien selfs neer op hom?Hierdie manne het gebede nodig mense!

Spyker ·

Bid mense bid.ek self sal nie dit kan hanteer nie.het erge “chlostrafoby”en sal mal raak.

Chrisjan ·

Ek hoop net dit gaan nie eindig soos die Lily myn tragedie naby Baberton nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.