Reddingspoging om bejaarde by doktersafspraak te kry

Foto: NSRI

Foto: NSRI

ʼn 82-jarige vrou van Plettenbergbaai moes die hulp van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) inroep om ʼn doktersafspraak na te kom nadat die pad voor haar huis oorstroom het.

Marc Rodgers, die adjunk-stasiebevelvoerder van NSRI-Plettenbergbaai, het gesê hulle is Donderdag omstreeks 12:45 deur ʼn familielid van Jean Sparge gekontak. Sparge moes glo dringend ʼn afspraak by ʼn hospitaal nakom, maar die rivier naby Stoffpadweg in Wittedrift het oorstroom en sy was vasgekeer.

“Swaar reën in die afgelope paar dae het veroorsaak dat verskeie areas ontoeganklik is weens vol en oorstroomde riviere,” het Rodgers gesê. “Ons het ons seereddingsvoertuig uitgestuur na die toneel. Toue is aan die voertuig en ʼn boom aan die oorkantste rivierwal vasgemaak,” het hy verduidelik. Sparge is op ʼn drywende seereddingsdraagbaar gesit wat aan die tou vasgemaak is en saam met NSRI-reddingswemmers oor die rivier geneem.

“Nadat ons die draagbaar oor die rivier gebring het, is mev. Sparge met die seereddingsvoertuig na die hospitaal geneem,” het Rodgers gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

boer ·

Dis goed om te sien daars nog bietjie “omgee” daar buite. Wel gedaan aan hierdie span

Allona Maritz ·

Wow Wow Wow vir die mense. Dus so wonderlik om te weet iewers is daar nog mense wat omgee en ‘n diens lewer.

Gerhard Bezuidenhout ·

Welgedaan manne , dit is wonderlike nuus. Wys jou net dat daar nog barmhartige Samaritane is.

Eliza-beth ·

Julle nese – weet julle hoe sukkel die NSRI om fondse te bekom vir hul baie bealngrike werk? Hul red gereeld mense uit die see en soos ons weer sien hier ook. Meeste mense volstaan met ‘n dankie en, jammer, dis nie genoeg nie. Dit kos letterlik miljoene om hierdie oragnisasie aan die gang te hou – net om hul bote gereeld te versien en opgradeer waar nodig kos ‘n helse klomp geld. Asseblief, dink soms daaraan en doen ‘n donasie al is dit hoe klein. Mens weet nie wanneer kry JY hulle nodig nie en dink net, as hulle bote nie reg en goed toegerus is kan hul jou nie help nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.