Rede hoekom restaurant-man wapen uithaal

(Argieffoto: pixabay)

Die eienaar van die Vetkoek Maleis-franchise in Hennopspark in Centurion wat Dinsdag ’n vuurwapen op twee arbeidsinspekteurs gerig het, was tydens die voorval nog erg getraumatiseer nadat hy verlede week die slagoffer van ’n huisrooftog was.

Só sê Doraine van Rij, stigter van die Vetkoek Maleis-franchise.

“Trauma druk mense dikwels in ʼn verkeerde rigting en dan reageer jy soos jy nie eintlik moet nie. In hierdie geval was die trauma van die huisrooftog nog vars in die eienaar se kop ten tyde van die voorval,” sê Van Rij.

“Dit regverdig steeds nie wat hy gedoen het nie. Die uitlatings wat hy gemaak het, is ook nie aanvaarbaar nie.”

Van Rij sê die eienaar is erg beseer tydens die huisrooftog en moes in die hospitaal behandel word.

Maroela Media het vroeër berig die inspekteurs het Dinsdag na die Vetkoek Maleis-franchise gegaan om kontakbesonderhede te kry om ’n afspraak vir ’n latere besoek te doen.

“Die eienaar van Vetkoek Maleis het begin kwaad word toe die inspekteurs sy kontakbesonderhede vra. Hy het begin skree, sy hemp uitgetrek en merke op sy lyf gewys wat hy beweer is weens ‘julle mense’,” het adv. Michael Msiza, die departement van indiensneming en arbeid se hoofinspekteur in Gauteng, vroeër gesê.

Hy is daarna na die agterkant van die restaurant en het met ʼn vuurwapen teruggekeer wat hy op die inspekteurs gerig het.

Die departement van indiensneming en arbeid het ʼn klag van die rig van ʼn vuurwapen teen die man aanhangig gemaak.

“Die ander franchises moenie ly of benadeel word deur een persoon se oordeelsfout weens trauma nie,” sê Van Rij.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Dries ·

Daar word gereeld berig van slenters waar mense voorgee hulle is mediese personeel, inspekteurs, ens ens en dan roof en moor, so mens kan verstaan waarom die man so sou optree, veral na hy net ‘n week tevore die slagoffer van terrorisme in sy eie huis was. Het hierdie inspekteurs die regte prosedure gevolg, dit is my vraag.

Persheks Adri ·

Trauma word op verskillende maniere verwerk en ek verstaan presies waarvan hy praat. Mens reageer soms so veral direk na so iets. Ek was self in ‘n bank roof en die wapen was in my gesig en hulle het my gestamp 3 van hulle.

Jy kan niemand vertrou na ‘n insident nie en almal lyk verdag.

Sterkte oom en ek hoop hulle los die saak en verstaan!

Ronel ·

As die mense hulself reg geïdentifiseer het, sou die man dalk anders opgetree het. Hulle moes hom rede gegee het om bedreigd te voel.

Kokerboom ·

Dis lewensnoodsaaklik dat sulke slagoffers verpligte traumaberading ontvang en die staat as oorsaak van die trauma MOET daarvoor betaal.

Persheks Adri ·

Ek stem saam met jou. Hoe gemaak as die trauma behandeling nie werk nie Kokerboom? Ek sit met dieselfde probleem en almal wat blou “overall” dra lyk verdag… Daai prentjie bly in my kop

Jacobus ·

Dít liewe vriende is die reaksie van redelike mense op die knie op die nek optrede van die regering. Dít en opportunistiese kriminele se optrede.

Sylvia ·

Doraine van Rij het jy saam met hom die trauma deurgemaak? …

Snowball ·

Stukkende, getraumitiseerde mense wat kop verloor in ‘n siek land. Post traumatiese stres! Hoeveel sulkes moet aangaan met hulle lewens te midde van hierdie misdaad hool? Wie kan iemand blameer as hulle goed uit verander uit ruk? Oumense word met strykysters gebrand. Ma’s word deur taxi’s aangeval. Selfs nie jou eie huis is meer ‘n veilige plek nie, want kriminele kom roof jou met wapens en bedreig jou familie, kom vat wat joune is, terwyl die polisie nie eers na mense se pogings om misdaad aan te meld wil luister nie. Blameer die korrupte regering – die misdaad pandemie is geskep deur hulle onbevoegdheid en korrupsie.

Mariana ·

Wel hoe kan hy verkwalik word. Mens word elke dag deel van die misdaadstatistieke in hierdie land, sy optrede is glad nie verbasend nie, nie reg nie, maar verstaanbaar. Hoop daar sal vir hom versagtende omstandighede wees. Sterkte vir hom. Hoop hy sal sy trauma verwerk met tyd.

SomeOne ·

dit sal ‘n interessante saak wees waar “weermagkorporaal wat Carine van Staden in Augustus 2017 ten aanskoue van haar verloofde in spitsverkeer in die noorde van Pretoria geskiet het” en vetkoek maleis (fscse) eienaar wat net ‘n vuurwapen gerig het

Sarel ·

Die man was dalk beroof voorheen, dit is die Centurion Sentrum en sonder vinnige berading. Misdaad dien dit aan mens

Derek ·

Dit is net logika, ek weet hoekom hy so optree want ek en my gesin was aangeval. Mense wat dit nie ervaar het nie sal nie weet nie. Die nuwe SA n mislukking en rampspoed wag vir hulle wie ons oordeel!

john ·

As die polisie en die reg hulle job sou doen dan sal sulke insidente nie gebeur nie want ons sou in n veilige samelewing leef.

Johan ·

Het hulle nie telefoon om die restaurant te bel nie, dan kan jy mos reël, of is hulle daar om inligting te kry vir ‘n volgende rooftog

Regverdigheid ·

In die land kan jy niemand vertrou ., so wat het jul verwag na die ou klaar deur so iets was .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.