Redery mag vlugte hervat

CemAir se 23 vliegtuie mag binnekort weer opstyg. Foto: Wikipedia

Die Burgerlike Lugvaartowerheid (BLO) sê CemAir sal uiteindelik aan die voorwaardes van sy bedryfsertifikate moet voldoen, wat die weg sal baan vir die private lugredery om aan die goedgekeurde veiligheidsvereistes te voldoen.

“Dis moontlik goeie nuus vir die lugredery se kliënte, wat enkele dae lank gestrand is toe die BLO, as ʼn laaste uitweg om die lugredery te dwing om aan sy sertifikaatvoorwaardes te voldoen, besluit het om CemAir se bedryfsertifikate… op te skort,” sê die owerheid.

“Strydig met die lugredery se aankondiging van ʼn hofoorwinning, meen die BLO dat lugvaartveiligheid die eintlike wenner in dié geval is,” sê die owerheid. “Dit is omdat die hof nie die lugredery daarvan vrygeskeld het om sy lisensievoorwaardes na te kom nie.”

Die partye het ʼn ooreenkoms bereik, wat ʼn hofbevel gemaak is. Die hof het ʼn tussentydse bevel uitgereik hangende die finale besluit oor ʼn appèl wat CemAir by die direkteur van burgerlike lugvaart wil indien. Die opskorting van CemAir se bedryfsertifikate is gevolglik tydelik opgehef.

CemAir, wat na 11 bestemmings in sewe van Suid-Afrika se provinsies vlieg, sê intussen op sy webwerf hy sal binnekort sy planne aankondig om sy diens weer op dreef te kry nadat sy dringende aansoek in die hooggeregshof om BLO se opskorting van sy bedryfsertifikate ter syde te stel, geslaag het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Johann ·

Ja wel as iemand wonder oor hoe dit RERIG met SAL gaan. Vlug van SA na Mauritius op 1Des vertraag… VLIEGTUIG ONKLAAR!!!! Terrug vlug van Mauritius na SA 15 Desember… VERTRAAG MET AMPER 4 URE… VLIEGTUIG ONKLAAR!!!!

My onbeandwoorde vraag aan SAL is: was dit dieselfde vliegtuig? Hoe is dit moontlik dat TWEE vlugte vir dieselfde rede en tydens dieselfde roete, eers tydens n vlug, ONKLAAR raak, so erg dat dit pasasier veiligheid bedreig????????

Waar en by wie bring mens hierdie onbevoegdheid se aandag?

Lientjie ·

Jy skryf dit op jou maag en vryf dit af met ‘n nat lappie, want dit is wat gaan gebeur met jou klagte.

koos ·

Op SAL vlug net voor opstyg:
“Ladies and gentlemen, we have a delay. The pilot heard a strange noise coming out of one engine. It is going to take about 1 hour to find another pilot. Please bear with us.”

Prisclla ·

Het reeds talle vlugte met Cemair meegemaak sonder enige probleme, SAA aan die anderkant het ek ure se vertraging beleef.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.