Redes vir reuse Jhb-treinongeluk bekendgemaak

Dipuo Peters, die minister van vervoer, Maandag tydens die mediakonferensie. Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Dipuo Peters, die minister van vervoer, Maandag tydens die mediakonferensie. Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Dipuo Peters, minister van vervoer, het Maandag gesê ʼn gebrek aan instandhouding, menslike faktore en swak kommunikasie was die oorsaak van die Johannesburgse treinongeluk in April verlede jaar waarin een persoon dood en 240 beseer is.

“Die bevindinge van die ondersoek na die ongeluk is sistematies en sluit die volgende in: ʼn gebrek aan instandhouding, oneffektiewe kommunikasie, menslike foute en die ondoeltreffende toewysing van kapitale besteding,” het Peters gesê.

Maroela Media het voorheen berig die ongeluk by die Denver-treinstasie in die suide van Johannesburg het plaasgevind toe een trein van agter teen ʼn ander gebots het. ʼn Veiligheidswag in een van die treine is in die ongeluk dood, terwyl die bestuurder van die ander trein tussen ʼn trein en ʼn muur vasgepen was. Sy het die ongeluk oorleef, maar herstel steeds van haar beserings, het Peters gesê.

Peters het verduidelik dat albei treine die oggend by die Pretoria-stasie weg is, onderskeidelik om 06:00 en 06:15. Die eerste trein het kort daarna by seinnommer DN11 by die Denver-stasie stilgehou omdat die bestuurder nie duidelik kon sien wat op die sinjaal staan nie. ʼn Gevaarteken het die sinjaal glo blokkeer.

Die treinbestuurder was nog besig om te probeer om die George Goch- gesentraliseerde verkeerskantoor te bereik toe die tweede trein van agter teen die stilstaande trein gebots het.

Peters het gesê die spoorwegdiens in Suid-Afrika “moet heeltemal oorgedoen word” om te verseker dat passasiers ʼn effektiewe en veilige ervaring op treine kan hê. Volgens Peters het die Passasierspooragentskap (Prasa) ʼn R172 miljard-projek in 2013/14 van stapel gestuur om die spoorweë te moderniseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Johan du Plooy ·

Hier kom die volgende skandaal.
Treinkoop was maklik in vergelyking met die moderne beheerstelsels .
Hoop hulle het die wysheid om die instandhoudingstegnici saam te kry

Mossie ·

My “groot woord” ek dog nog die heeltyd dis rassisme en apertheid se skuld

Wat-ek-lees ·

Nerens erens iets van die opleiding. Ek glo dat dit ordentlik gedoen was.
Mettertyd sal met stampe en stote alles reggestel word . . .

anna ·

Hoe opgelei was die treindrywer.Wys ons die kwalifikasies.Dalk.graad 3 met n vervalste matriek sertifikaat?

Topster ·

Anna ek stem saam daai vervalste matriek maar dis die een ding want dis n matriek en ja ek is ook vreeslik verbaas dis nie weer ou Jan van Riebeeck se skuld nie so draai die wiel stadig al is dit n yster wiel

Johannes Meintjes ·

Nou moet ons onself indink;- die hele Staatsbestel lei aan hierdie wanfunksionering wat rondom treine beskryf word. Is Plan B al genoegsaam ontwikkel om van hierdie onbeholpe administrasie minstens al op plaaslike en munisipale vlak d.m.v. effektiewe selfbestuur aan te spreek, of is die burgery steeds verstarde en verlamde of apatiese kantlyn-toeskouers van toenemende verval in die Nuwe SA?

neelsie ·

Peters,
Om so n dept te bestuur verg meer as “common sense”.
Ongelukkig ontbreek selfs die vemoe!
‘Shame…….’

broos ·

so nou gaan almal en sy antie die spoorweg dagvaar en ons tax payers gaan moet opdok

scalla ·

Die oorsaak van die ongeluk is bekend, dus erken die minister dat sy onbevoeg is om haar afdeling te beheer en te bestuur en wil nou alles oordoen, die bestaande infrastrukture kan nie eers in stand gehou word nie. Die skuld word altyd op iemand anders gepak.

pieter ·

Het jy nie geweet as jy lieg in die nuwe rsa praat jy die waarheid.

Leon ·

Kom ek se jul wat ek het let wel het vir 20 jr vir spoornet gewerk gewerk. Ek moes die swart vroue leer hoe om treine te hanteer. Wel hul het netnie die vaardighede nie. Die trein ongeluk is aan onervare en geen ordenlike opleiding toe geskryf. Ek het bedank want enige jan rap en sy maat kan van die strate af kom treine ry. Nou sit jy nog met n vrou as min van vervoer. Swak watse agter grond het sy van GVB of enige agter grond what so ever. Daar kom nog baie trein ongelukke. Gelukkig ry ek nie mee trein nie.

Christo Pienaar ·

Niks word instand gehou nie. Niks pro-aktief nie, altyd net nabetragting. No common sense.

Riaan ·

Mense, hier kom nog groot sports. Ek was self n treindrywer, dit het ons ou drywers tussen 5 tot 7 jaar geneem om drywers te word,vandag word hulle binne 12 maande drywers,

jack ·

Lekker belaglike stellings wat deur die agbare minister gemaak word. Ek het self 26 jaar diens by Transnet gehad. Onbevoegdheid van grondvlak af tot by bestuur is maar die rede vir alles. As jy n taxi kan bestuur word jy binne n paar weke n treindrywer. Transnet is vrot van voor tot agter, van bo tot onder. Gelukkig sal hulle nie sulke kanse neem met die aanstelling van loodse op vliegtuie nie of sal hulle?

Pieter ·

Ek is uiters teleurgesteld dat appartheid nie die skuld gekry het nie, ek het gewag dat die agterlike OC
(officer commaning) se dit is Afrikaan se skuld. Die agterlike OC se voorts dit was a.g.v. ‘n gebrek aan instandhouding, oneffektiewe komunikasie en menslike foute nou vra ek my self af, is die agterlike OC nie in charge nie? Is dit nie haar job en al die ander agterlike bestuurders van die organisasie nie, of mis ek iets.
Ons pomp trein wiele verniet hier by Weskoppies se wes grot 5, antie, ag sorry agterlike OC antie Wimister. Jannie blaas hulle sommer met sy mond op.
73

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.