‘Redes waarom Malema tronk toe moet gaan ná skietery’

EFF-leier Julius Malema by die hof. (Foto: Oupa Mokoena/African News Agency)

AfriForum sê hy beskou die aangeleentheid rondom die skote wat Julius Malema, leier van die EFF, na bewering met ’n voorwerp wat soos ’n aanvalsgeweer lyk afgevuur het uit die staanspoor in ’n ernstige lig.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het verlede week met die vervolging van Malema oor hierdie saak begin ná volgehoue druk deur die burgerregteorganisasie.

AfriForum het met verskeie deskundiges in gesprek getree oor die afvuur van hierdie skote tydens die EFF se vyfjaarfeesviering in 2018 in Mdantsane. “Daar is veral ses punte wat Malema duur te staan kan kom tydens sy verdediging teen die strafregtelike klagte teen hom,” sê Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid.

Op die videogreep, wat soos ’n veldbrand op sosiale media versprei het, is dit duidelik dat daar skootflitse aanwesig is met die afvuur van elke skoot. Skootflitse is die normale gevolg van die slagdoppie wat die poeier in die ronde ontbrand om sodoende die projektiel onder hoë druk te laat uitskiet.

Cameron sê dit is ook op die video duidelik dat daar terugslag is wat plaasvind met elke skoot wat afgevuur word. “Malema hou die geweer op die video stewig met twee hande vas, juis om vir hierdie terugslag te kompenseer. ’n Speelgoedgeweer en/of ’n ander voorwerp wat nie werklike ammunisie afvuur nie, sal nie hierdie terugslag veroorsaak nie.”

Die voorwerp waarmee Malema die skote afgevuur het, is baie versigtig hanteer met die oorhandiging en terugneem daarvan. “Adriaan Snyman, Malema se sekuriteitshoof tydens die gebeurtenis, het die geweer met groot omsigtigheid aan Malema oorhandig én weer versigtig kom haal nadat die skote afgevuur is. Hy sou beswaarlik ’n speelgoedgeweer of ander voorwerp op dié manier hanteer.”

Volgens Cameron weerlê die klank en gesuis van die skote wat duidelik in die videogreep hoorbaar is baie van Malema se verweer dat dit nie ’n regte vuurwapen of ammunisie is wat afgevuur is nie, aldus die geraadpleegde deskundiges.

“Malema en die EFF het hul weergawes sedert die voorval aanhoudend aangepas. Daar is aanvanklik beweer dat daar van loskruitpatrone gebruik gemaak is. Die geraadpleegde deskundiges beskryf dié weergawe as onwaarskynlik aangesien die nodige toebehore vir die afvuur hiervan ontbreek het en die geweer nie gereageer het soos ’n geweer wat hierdie loskruitpatrone afvuur nie.

“Die EFF het later gemeld dat dit nie ’n regte vuurwapen was nie, maar ’n speelgoedwapen wat in sinchronisasie met vuurwerk gebruik is om die realistiese effek te skep. Die deskundiges verwerp ook hierdie weergawe weens die redes hierbo.”

ian-cameron-2018-03-19

Ian Cameron. Foto: Verskaf.

Van al die mense op die verhoog tydens die verrigtinge was dit Snyman wat die voorwerp aan Malema oorhandig en weer teruggeneem het. “Snyman se sekuriteitsmaatskappy is bekend daarvoor dat dit soortgelyke vuurwapens besit. Snyman het homself ook al in die verlede skuldig gemaak aan die onvanpaste dra van dié tipe wapens tydens een van Malema se hofverskynings. Hierdie voorval het groot opslae veroorsaak en dit dui op Snyman se oënskynlike traak-my-nie-agtige houding met betrekking tot dié vuurwapens.”

Die burgerregtewaghond het sy vrees uitgespreek dat indien Malema nie spoedig vervolg word vir hierdie misdade nie, dit ’n gevaarlike presedent kan skep en wetteloosheid en anargie tot gevolg sal hê.

“Hierdie vrees is tot ’n groot mate verwesenlik toe verskeie lede van die publiek lukraak skote in die lug begin afvuur het tydens begrafnisse, stakings en partytjies.

“Ons is van mening dat daar meer as voldoende bewyse bestaan om Malema aan die pen te laat ry. Die voorbeeld wat hy skep as prominente figuur word slaafs deur baie van sy ondersteuners nagedoen. Enige wandade wat ’n persoon met hierdie aansien pleeg, moet in ’n baie ernstiger lig beskou word. AfriForum het hierdie saak só ver gedryf en sal dit met valkoë dophou totdat die saak volbring is,” sê Cameron.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Andre Stander ·

En jy sê dit selfs gesien in die lig van die AfriForum Groep wat soveel sukses behaal en as kampvegter dien in hierdie tipe sake (wat andersins net stilweg van “vergeet” sou word..)

Nee ek dink jy is té pessimisties Adrian. Ek dink hulle gaan hom weer n keer raakry : ]

Doen so Voort AfriForum

Paul ·

Daardie “iers anders” moet nou vinnig inskop en sy werk doen Hennie :-)

elsa ·

Adriaan praat reg. Dink voor jy jou negatiewe uitlating deurgee.malema is nie die een wat gaan vrykom nie en so elkeen wat daarop uit is om skade te doen ook nie.Daar is landswette en geld vir almal. ongeag ras, kleur of nasie.

Pieter ·

Ag elsa skrik net wakker daar is in die ANC land twee wette een vir ons en die ander een vir mense soos malema en die menisters

Alexz ·

“All animals are equal, Some are MORE equal” – Animal Farm (George Orwell)

Kaal Keiser ·

Het jy al gesien hoe steur hulle hulle aan landswette ? Kyk maar slegs op die pad en die verontagsaming van pad reels. Ek het al vir ‘n motoris gese wat in die teenverkeer gery het – There is reasons for rules on the road – en die andw – “Are you governing them” – en dit is hulle gevoel oor wette en reels. Daarom die oorvloed chaos !

Werner ·

Elsa skrik wakker het jy gesien dat tot die ou wat die berig geskryf het te bang is om n geweer n geweer te noem hy gaan niks oorkom nie

Hansie slim ·

As daar nou nog gepoog word om te bewys dat dit nie ‘n speelgoedgeweer was nie, ….. loop hy weer los!!!!

Feite ·

Moet nie onrealistiese verwagtinge by die publiek skep mbt tronkstraf vit julius malema nie. Die hof sal in ag neem dat tronkstraf, net soos die afvuur van die AK 47, die potensiaal het om anargie te veroorsaak. Die kanse is groter dat diegene wie julius in die tronk wil stop, self in die tronk gestop kan word!

Willem Grobler ·

“But some animals were more equal than others,,,” Laat ek nou met een van my gewere doen wat Malema gedoen het dan kyk jy hoe vinnig word my wapens beslag op gelê en word ek onbevoeg berklaar om vuurwapens te besit.

Matt ·

Willem jy sal oormôre in die drink sit met ‘n hele reeks aanklagtes teen jou.

magda ·

DankieAfriforum – julle is darem regtig staat makers wat help waar dit nodig is.

SjN ·

Wonder hoekom hy van die sekuriteit hoof se dienste gebruik maak, hy is ook skuldig.

Dassie ·

Laat ek raai, al julle pessimiste behoort seker nie eers aan Afriforum nie. Hulle doen ten minste iets, wat doen julle?

jakes ·

Waarom al die moeite doen om Malema voor die hof te daag? Handig hom oor aan die publiek sodat hy maniere geleer kan word.

Corrie ·

Om gewoon n mening te opper gegrond op realiteite beteken nie pessimisme nie. Daarom is Adrian na my mening reg. Meeste ander reageer volgens emosie. Die feitelikeheid van die situasie tov die reg voorspel n ligte waarskuwing of boete, niks meer nie. Was dit ek…heeltemal ander storie.

Arrie ·

Die ou wat die wapen oorhandig het aan Malema, sal tronkstraf kry. Malema sal liggies oor vingers getik word, dis al. Dit is soos die “reg” in SA werk. Politici en “regters” dink hul is God.

Lou ·

Al word hy skuldig bevind sal daar apel op apel volg en iewers sal een van die howe rede vind om hom baie lig te laat afkom.
Zuma het die patroon gevestig en al die omstrede Politici doen dit na.
Dankie Afriforum dat julle darem probeer om geregtigheid te laat geskied.

ano ·

Tronk is NIE die regte opsie nie. Wil almal nou van hom die volgende “hero” maak? Kan julle vir ‘n oomblik dink hoe gaan hy as ‘n “redder van sy volk” opgehemel gaan word? Hy gaan “heilige” status bereik. Daar moet ander maniere wees om sy groot mond stil te kry

Pietertjie ·

Hy dink hy is verhewe bokant die reg. Hy kan net sê en doen wat hy wil en kom niks oor nie.

Keelvol ·

Hy lieg soos ‘n tannetrekker! Soos ‘n regte crook, moet hy nou te veel vure probeer doodslaan en dit eis sy tol. ????????

Marcelle ·

Hy moet reguit Na tronk toe ons aanvaar nie omdat hy is lekker lewe dis nie werk so nie …asb

Cherokee ·

En as malema toegesluit word, betoog die DA dat hy nie handearbeid mag doen nie.

JohanR ·

Ek sal daar wees die dag dat die tronk se hek oopgaan om hom alles van die slegtes te wens!

Die ou met die bril ·

Voeg “Poging tot moord” by tot die klag.

Daar is vele skuldigbevindings van manslag waar mense gedood is deur koeels wat lukraak in die lug afgevuur is en hulle dan met die afkomslag fataal getref het.

Basiese fisika stel dat die afkom-spoed van ‘n afgevuurde rondte bykans dieselfde is as die afvuurpsoed. Enige van die in-die-lug-afgevuurde rondtes van Maleme kon iemand iewers getref en beseer of gedood het. Dit is poging tot moord.

In Pretoria se SA Polisie museum was jare lank ‘n uitstalling van presies so ‘n geval, wat tot die skuldigbeving van die afvuurder gelei het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.