Reeds groot verliese in toerismebedryf

Die uitslag van ʼn opname vir die Toerismesakeraad van Suid-Afrika (TBCSA) in samewerking met die departement van toerisme en die International Finance Corporation (IFC) het gewys dat die toerismebedryf reeds baie negatief geraak is deur Covid-19 en maatreëls om die verspreiding daarvan te voorkom.

Ongeveer 99% van die respondente wat aan die opname deelgeneem het, het gesê hulle is geraak deur die pandemie. Die opname het bevind dat vraag en aanbod in toerisme deur die afsonderingsperiode verwoes is.

“Dit beteken dat groot werksverliese reeds plaasgevind het. Die TBCSA beraam ongeveer 160 000 poste wat verlore gegaan het,” het Manny de Freitas, die DA se skaduminister van toerisme, in ʼn verklaring gesê.

Dit is in teenstelling met 79% van toerismeverwante bedrywe wat neutraal of positief gevoel het oor hul ondernemings en toerisme in Suid-Afrika. Dié syfer het nou verander na 78% wat negatief voel oor die toekoms. “Daar is geen twyfel dat dié impak in die afsienbare toekoms gevoel gaan word nie,” het De Freitas bygevoeg.

Die opname dui aan dat:

  • 69% van ondernemings tydelik gesluit het
  • 58% van ondernemings het afgeskaal
  • 58% van ondernemings kon nie hul skuldpaaiemente betaal nie
  • 54% van ondernemings kon nie hul vaste koste betaal nie.

Die opname het ook gewys dat persone in die bedryf, ongeag ras, baie lyding ervaar en dat dit vir minstens die nabye toekoms sal voortduur, aangesien die toerismebedryf in sy geheel onaktief is.

“Toerismeminister Nkhensani Kubayi-Ngubane kan nie voortgaan om haar kop in die sand te hou deur ras as kriteria te gebruik vir die Toerisme Verligtingsfonds nie. Dit beteken talle ondernemings sal tydens erge druk uitgesluit word,” het De Freitas bygevoeg. “Die toerisme-herstelplan wat die minister aan die portefeuljekomitee voorgelê het, bring boonop nie in berekening die realiteit wat die opname bevestig nie en ʼn geleidelike heropening van die bedryf word nie oorweeg nie.”

De Freitas het gesê volgens die minister se plan sal die bedryf eers weer oor 12 maande aktief wees. “Dit sal die benarde posisie, waarin die bedryf reeds verkeer, net vererger.”

Die DA sal die minister skriftelik versoek om die kriteria vir die Toerisme Verligtingsfonds te hersien en versoek dat sy haar benadering, oor hoe om die toerismebedryf weer aan die gang te kry, sal heroorweeg. “As dit nie gedoen word nie, sal die bedryf verder uitmekaar val en nog poste sal verlore gaan.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
Barbara

My hart gaan uit na al ons besighede. Maar ek hoop regtig dat ons Suid Afrikaners bietjie beter pryse gaan kry na die lock down. Meeste van die plekke in onbekostigbaar vernaam oor Desember dus bly ons maar by ons huise. Ons wil graag die toerisme bedryf ondersteun.

Toergids

Die huidige situasie is ‘n slagveld vir toergidse, meeste werk op ‘n vryskut basis en dus as hulle nie toere lei nie het hulle nie ‘n inkomste nie. Sonder toergidse is die toerisme bedryf soos die mynwese sonder mynwerkers.

Elize

Vir ALLE besighede wat hul deure moes sluit agv lockdown, of dit nou die toerismebedryf of n haarsalon is, die inpak bly “devastating”

Boortor

Die probleem is dat nie net toerisme is nie. Die HELE land se ekonomie is n absolute slagveld! Ek weet nie of die kleiner besighede ooit van dit gaan herstel nie. Ek twyfel.

Andries

Beide ek en my suster is eenman sake en kry dus geen hulp van die Staat ni. My suster is di enigste blanke, met 22 swart werkers wat by haar gewerk het.

Indien ons belasting en BTW goedgenoeg is om aan ander hulp te verleen, is di ni tyd dat ons op wettige wyse, begin om Ni belasting te betaal ni?