Reeks tussen SA en Engeland van die baan

Engelse spelers met hul aankoms by die Kaapstad-lughawe. Foto: Leon Lestrade/African News Agency/ANA

Die reeks van drie eendagwedstryde tussen Suid-Afrika en Engeland is uitgestel.

Die besluit is deur Krieket Suid-Afrika (KSA) en die Engelse Krieketraad (ECB) geneem om die geestelike en fisieke gesondheid en welstand van spelers van albei spanne te verseker.

Daar sal later besluit word wanner die reeks kan plaasvind. Die tweede wedstryd sou Maandag op Nuweland plaasvind, maar is afgelas na positiewe Covid-19-toetse in die Engelse kamp.

Die eerste wedstryd sou aanvanklik Vrydag op Nuweland begin het, maar is uitgestel nadat iemand in die Protea-kamp positief vir Covid-19 getoets het. Dié wedstryd sou toe Sondag in die Paarl gespeel word, maar is ook afgelas.

Tom Harrison, uitvoerende hoof van die ECB, sê daar is nog altyd volgehou dat die welstand van sy spelers en bestuur van die allergrootste belang is. “Ons was bekommerd oor die potensiële impak wat onlangse verwikkelinge op die welstand van die toergeselskap sou hê, en daarom het ons na oorlegpleging met KSA gesamentlik besluit om die oorblywende wedstryde in hierdie reeks uit te stel, in die beste belang van die spelers se welsyn.”

Kugandrie Govender, waarnemende uitvoerende hoof van KSA, het benadruk dat die veiligheid van spelers van uiterste belang is.

“Kommer oor die geestesgesondheidsimpak van onlangse gebeure op alle betrokkenes is nie iets wat ons as KSA of die ECB ligtelik opneem nie, en die besluit om die toer uit te stel is die verantwoordelikste en redelikste plan van aksie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Anoniem ·

Nou wonder ek wat het fout gegaan in die “uiters veilige bio borrel” omgewings?

Die Wolf ·

Veilig my voet. Die beheer by die hotel was blykbaar nie na wense nie. Ek praat nou van werknemers.

Casper ·

Hierdie toer moes nooit plaasgevind het nie.Daar was van dag een af gevare vir spelers en beamptes om die virus op te doen.Daar is miljoene rand spender wat nou vermors is.Borge her ook in ‘n mate verliese gelei

Androclus ·

Casper dis waar ,hulle het geweet van die gevare ,hoe kan sulke grootmense tog so klein dink.

Jakes ·

Ek vra myself af of daar nog enige iets ordentlik in ons land gereel en bestuur kan word? Dis n sirkus.

Andrew ·

naams veranderinge, protes optrede, transito rooftogte , hi-jackings. daar is n paar ander wat ek nie sal noem nie

Jr ·

Wie gee om want ons sou in elke geval verloor het. Sommer al drie – ek se jou . Dames en Heere dis n vier. En daar gaan hy vir die maximum – ses. En daar is nog n wydloper. Ooh en daar trap hy oor die lyn. WEER ‘ n foutbal. Daar mis hy die bal en daar gaan hy grens toe. Ooh en dis ‘n foutbal bo die skouers

Aries ·

Dankie tog Covid-19 het tot die redding van die Suid Afrikaanse krieketspan gekom ANDERS sou Engeland die Suid Afrikaanse krieketspan , met sy rassekwota en al , net verder die afgrond in verneder het.

Androclus ·

Nogal nie (hou op rassekwotas voor gooi,sport is vir almal )

Keelvol ·

Androclus, so jy ondersteun n ras gedrewe kwota sisteem in sport, eerder as die meriete sisteem.

Jan ·

Sport en veral sportbeheerliggame word nou ingespan in die veldtog om ons mense in ‘n blik te druk en almal “teen die virus” in te spuit. Dit mag nie gebeur nie.

Dirk Mostert ·

Help my reg. Spelers is Donderdag getoets met een Protea positief. Na Vrydag se hertoetsing is almal negatief, dws die positiewe uitslag in die eerste toetsing was vals, wat weereens die onbetroubaarheid van die Covid-toets uitwys (die basis vir die pandemie). Tel die eerste positiewe uitslag nog as ‘n infeksie of word dit geneutraliseer deur die volgende negatiewe uitslag. Indien daai speler ‘n tweede keer positief was, tel hy vir twee gevalle?

Boer ·

Dankie tog dit red ons van ‘n vernedering van ‘n pak slae.!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Oom Kaspaas ·

Engeland het drie suksesvolle toere, Wes Indië, Pakistan en Australië gehad en bestuur in die bio bubbles. SA kan nie eens een vol toer maak nie

Niklaas ·

Is baie mense gebroke hieroor ? Dit klink nie so nie. Ons sou groot loesings gekry het en moet dus besonder verlig wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.