Reeksmisdadiger glo weer betrokke by transitorooftog

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

ʼn Reeksmisdadiger sal Maandag in die Blue Downs-landdroshof in Kaapstad verskyn nadat hy Vrydag glo ʼn transitorooftog in Kraaifontein uitgevoer het.

Kapt. Lloyd Ramovha, woordvoerder van die polisie, het gesê die rooftog het omstreeks 13:00 by die Belmontsentrum in Kraaifontein plaasgevind. Veiligheidswagte was besig om die kitsbank met kontantgeld te laai, toe drie gewapende rowers hulle oorval het. Die rowers het hulle van hul vuurwapens en vier sakke vol kontantgeld beroof en op die vlug geslaan. Daar word vermoed dat nog twee verdagtes by die rooftog betrokke was.

“Die Valke se transitorooftog-ondersoekspan is na die toneel ontbied, waar hulle ʼn VW Caravelle verlate gevind het wat vermoedelik tydens die rooftog gebruik is. Polisiebeamptes van die stad was reeds op die toneel waar hulle ʼn 38-jarige verdagte in hegtenis geneem het wat by die voertuig gevind is. Die verdagte het probeer weghardloop toe hy die polisiebeamptes gesien het, maar is wel vasgetrek. ʼn Tweede verdagte het egter daarin geslaag om te ontsnap,” het Ramovha gesê.

Volgens Ramovha het verdere ondersoek getoon dat die verdagte reeds ʼn reeks aanklagte teen hom aanhangig het, waaronder twee aanklagte van moord, ʼn aanklag van poging tot moord, asook ʼn vorige transitoroof-aanklag. Hy was uit op borgtog ten tyde van Vrydag se transitorooftog.

“Hierdie verdagte se medepligtiges is steeds op vrye voet en ons doen ʼn beroep op die publiek om hulle nie te konfronteer nie, want hulle word as gewapen en gevaarlik beskou. Indien iemand enigsins meer inligting het oor waar hierdie verdagtes hulle bevind, moet dit dadelik by die plaaslike polisie aangemeld word,” het Ramovha gesê.

Die verdagte sal Maandag op ʼn aanklag van gewapende roof met verswarende omstandighede verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

MViljoen ·

Slim om sulke mense op borgtog uit te laat ne???? As ons land nie die krimenele wil inhou nie moet hulle dalk maar n tronk oorweeg waar hulle die ander mense veilig hou! Met n land wat leiers het soos SA het jy meer regte as n krimineel as wat die president self het. Neem aan jou familie was nog nie teikens nie daarom gee elkeen maar borg.

Liewe heksie ·

Wat de hel het hy weer op straat gesoek oeps sorry dit was sy reg gewees

Jacques ·

Moenie komkommer nie. Voor die week halfpad is kan hy weer beplan saam met sy makkers. Maak ‘n tracker aan hom vas sodat sy elke beweging gevolg kan word en net dalk kan die hele rotnes gevang word. Maar ons weet dit gaan nie sommer gebeur nie

Daan ·

As vervolgers soos Gerrie N liewers die mense wil vervolg. Nou mors hy maande ander sake. Die res sal ek nie sê nie. Daar is prioriteite.

Rapes ·

Ja sluit die staatsaanklaer en die landros toe. Hulle laat die klomp vry om polities korrek te wees. “Gatkruipers”

Griki ·

Twee aanklagte van moord, poging tot moord, transitorooftof – en hy is uit op borgtog. Wie is die onnosele landdros wat borgtog toegestaan het? Steek hom/haar in die pad. So ‘n idioot hoort nie op die regbank nie.

Luister ·

Reg op borgtog is ongelukkig wat die wet sê. Geen kans dat ons oulike Parlement dit
gaan verander nie, net so min soos wat hulle die doodstraf sal terugbring.

Frans ·

Ek wens al.di prokereure wat die skelms en moordenaars uit die tronk hou word eerste besoek deur hule

Gerd Lourens ·

Frans. Ek stem 100% met jou saam.

Hoe hulle darem kan lieg vir fooie!!!

humor ·

Ek kan nie glo dat daar banke is wat nog nie n doetreffende veiligheidsstruktuur en omstandighede geskep het vir die nodige wat moet gedoen word nie. Stel voor daar moet n spesiale vertrek wees waardeur daar van binne die bank toegang tot die kitsbank kan wees. Die persone wat die bank vul, moet van binne die bank die kitsbank bereik. Die vertrek moet n doeltreffende deur he wat toegang tot die kliente bied maar wat gesluit kan wees wanneer die kitsbank gevul word. Daar moet ook vir die sekiriteitsvoertuig n vertrek wees wat sluit sodat geld nooit op sypadjies sigbaar is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.