Reeksmisdadiger sit lank na grusame moord

Argieffoto

Argieffoto

Joseph Motsame (38) van Dinokana in Zeerust, Noordwes, is tot agt keer lewenslange tronkstraf gevonnis en ʼn bykomende 269 jaar vir verskeie ander aanklagte.

“Motsame is in hegtenis geneem nadat ʼn vrou se liggaam in die bosse langs die pad by Mosweu in Zeerust opgespoor is,” het kapt. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, Dinsdag in ʼn verklaring gesê. “Die vrou is verkrag, haar privaatdele is geskend en haar regteroog is verwyder.”

Hy is ook verbind aan verskeie ander sake van moord, verkragting en ontvoering wat tussen 2011 en 2012 by Motswedi, Zeerust, Madikwe en Lehurutshe plaasgevind het.

Die hooggeregshof in Mahikeng het Motsame op 8 Desember tot agt keer lewenslange tronkstraf en 269 jaar gevonnis vir moord, poging tot moord, verkragting, ontvoering, onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie, roof met verswarende omstandighede, seksuele aanranding en poging tot roof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.