Reeksmisdadiger swaar gevonnis op 65 aanklagte

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Reeksmisdadiger wat vir meer as ses jaar ʼn skrikbewind in gebiede rondom Polokwane in Limpopo gevoer het, is 447 jaar tronkstraf en 22 lewenslange vonnisse opgelê.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê Kgabo Jonas Moshabi (44) is in die hooggeregshof in Polokwane gevonnis op 65 verskillende aanklagte. “Moshabi het die gemeenskappe in Moletjie en omliggende gebiede vanaf Augustus 2005 tot Januarie 2012 geterroriseer,” het Ngoepe gesê.

“Hy het gedurende die nag in huise ingebreek, talle slagoffers verkrag en beroof en verskeie slagoffers aangerand. Twee van hulle was só erg beseer dat hulle aan hul beserings beswyk het. Sy slagoffers was meestal jong vroue en bejaardes. Die jongste was 16 jaar oud en die oudste 79 jaar oud.”

Volgens Ngoepe is Moshabi lewenslange vonnisse opgelê vir twee aanklagte van moord en 20 aanklagte van verkragting. Hy is ook skuldig bevind op 12 aanklagte van huisbraak met die doel om te verkrag, 11 aanklagte van roof met verswarende omstandighede, ses aanklagte van huisbraak met die doel om te steel, vier aanklagte van die onwettige besit van ʼn vuurwapen, vier aanklagte van die onwettige besit van ammunisie, een aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer, een aanklag van opsetlike saakbeskadiging en vier aanklagte van poging tot moord.

Lt.genl. Nneke Jim Ledwaba, die provinsiale polisiekommissaris, het die vonnis verwelkom en die span speurders wat op die sake gewerk het gelukgewens. Ledwaba het gesê hy hoop die swaar vonnis sal as ʼn waarskuwing vir ander misdadigers of potensiële misdadigers dien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Kobus 4e ·

Wil jy regtig die regering met daardie verantwoordelikheid vertrou?

Willie ·

Ek wonder hoe lank iemand sou kry wat op 738 aanklagte skuldig behind word?

Ferdi ·

So hulle is nou baie trots op hulle 65 aanklagtes en 447jaar tronkstraf. Pateties ver by, vir 7j 2dood en 20 verkrag kon hulle hom nie vang nie of wou hom nie vang nie. Nou kry hy 447jaar. SA het so pas jou naam met n plank geslaan.

Kobus 4e ·

Ferdi, lees weer, 447 jaan EN (plus) 22 lewenslank, amper n duisend jaar. Sien die glas half vol, nie half leeg nie. Hulle het die knaap gevang, en hy is gevonnis, wie se naam is met n plank geslaan?

Johanna Botha ·

Ek gaan n voorspelling waag dat hy moontlik uit gevangeniskap gaan ontsnap ook nog …amper bly geraak en gedink dis zuma …hoe dom van my

Kobus 4e ·

Ferdi, leef en laat leef. Kom uit jou swartgallige bestaan, bou n brug en kom daar oor. Die polisie het hom gevang, en hy is gevonnis. Dink jy hy los n kaartjie met sy naam en adres elke keer as hy die wet oortree? Die SAPD moes hom soek.

Helene ·

Bly daaroor wonder vat sal Zuma kry. Hy moet ook gestraf word. Maar toutjies en pelle van eenderse vere skerm hom vir dood. N minister sal darem mooi lyk in die tronk

Perdekrag ·

Ag ja wat daar gaan ons belastinggeld heen om so krimineel aan die lewe te hou, laat hy elke dag in die myn werk, bietjie slaap en dan weer baie hard werk op droee brood en bietjie water en nooit meer die daglig sien nie tot hy emmer skop.

Veritas ·

Wat ‘n belaglike vonnis. 20 Jaar hardepad sou baie meer doeltreffend gewees het. Die wet is soms lagwekkend.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.