Reeksmoordenaar glo aktief in Pretoria

ʼn Reeksmoordenaar, wat glo verantwoordelik is vir die verkragting en moord van ten minste tien tieners, word deur ʼn groep speurders in Pretoria gesoek, het Times Live Woensdag berig.

Volgens die berig is ʼn volle soektog na die moordenaar van stapel gestuur omdat daar vrese bestaan dat hy meer meisies kan verkrag en vermoor. Die polisie het drie weke gelede bewyse tussen onderskeie moorde, wat vermoedelik reeds van 2004 af gepleeg is, aan mekaar begin verbind nadat hulle ʼn liggaam in East Lynne in Pretoria gevind het.

‘n14-jarige meisie wat in 2004 verkrag, vermoor en haar liggaam in Sunnyside gestort is, is na bewering die moordenaar se eerste slagoffer.

Volgens polisiebronne weet hulle nie veel van die moordenaar se modus operandi nie, maar dit wil voorkom of hy tieners van Pretoria se noordelike en oostelike voorstede teiken. Die liggame van die slagoffers is almal vasgebind en in die veld naby riviere en stroompies regoor die stad gevind.

Volgens die berig moet die polisie nog ʼn profiel van die moordenaar saamstel, maar vrees hulle as hy nie gou vasgetrek word nie, die slagting van jong meisies sal voortduur.

ʼn Bron wat by die ondersoek betrokke is, het aan die koerant gesê die slagoffers, waaronder een seun, is almal tussen die ouderdom van 14 en 19 jaar oud. “Ons is bewus van hierdie tien slagoffers, maar daar mag dalk baie meer sake aan dié moordenaar verbind word,” het die bron gesê.

Die liggame van vyf tienermeisies is onlangs in ʼn oop veld in Eersterust opgespoor. Eersterust grens aan East Lynn. Die polisie ondersoek of dié tieners se moorde aan die reeksmoordenaar verbind kan word, wat dan die lys van slagoffers tot 15 sal verhoog.

“Ons weet dat daar ʼn reeksmoordenaar aktief is in Pretoria. Ons is besig om deur ons argiewe en databasisse te gaan om uit te vind of daar meer sake is wat met vermiste tieners verband hou. Ons wag ook nog vir die uitslae van forensiese toetse om te bepaal of van die sake aan mekaar verbind kan word. In die stadium weet ons nie veel van sy aanvalle nie, behalwe dat dit plaasvind as die tieners ná skool huis toe gaan,” het die bron gesê.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

magda ·

Ek hoop hy word voor di naweek vasgetrek, hoe kan hy moord pleeg en nog bewyse word gesoek, as daar alreeds bewyse is, as die meisies doodgemaak word hoe gaan jule n identikit saam stel as niemand hom gesien het nie, dit maak nie sin nie, ek bid jule spoor hom op met getuies, daai man rokel die meisies uit na n plek waar niemand hule saam sien nie, dis hoekom jule nie weet hoe hy lyk nie, al wat gese word hy is nog opsoek, hoe gouer die meisies in daai omgewings saamloop van skool na hul huise en n man stop langs hule en bied 1 n lift aan en gee voor hy ken haar of sy ken hom moet hule dadelik n foto neem van die man en sy kar se registrasie nr en sy moet haar sel nr met almal wat haar ken deel, dis wat ek dink die man doen, want hy glo niemand sal dink hyt haar verkrag en dood gemaak nie, hy sit dalk onder jule oo en jule sien hom nie raak nie, ek kyk elke dag crime op dstv en glo my ek het al baie geleer hoe hule moordenaars vastrek, en as jule forensiese toetse doen, doen soos die ontleders op medical detectives hule gaan in die kleinste besonderhede in, het SA ooit so iets, ek wonder? Want hoekom kan die man dan nie opgespoor word nie, mense dink daaraan en doen wat die beste is om hom vas te trek, en dat daar nie later vandag of more of in die toekoms nog meisies vekrag en dood gemaak word nie, asb daai man is siek en moet die doodstraf kry, nie lewens lank tronkstraf nie, die tronke oorvol en ons belasting betaler moet opdok, nee jine die lewe is duur genoeg dat ons vir ons self moet sorg, so die polisie moet meer wakker wees, ek hoop ons kry gou goeie nuus hys gevang, ek wil dit noem die polisie moet n petisie optrek en dat elke SAfrikaner dit teken dat die dood strat trug gebring word, want so kan dit nie aangaan nie!!!!!!

Annamarie ·

Se jy Willy .Wat besiel die moordenaar om meisie van daai ouderdom dood te maak.Hulle moet hom vas trek en dan aan die publiek uit te wys wie hy is.Deur hoeveel emosies moet die ouers gaan.Die wereld daar buite is van dag baie wreed.Geen mens of kind is nie meer veilig nie.Ewe helder oor dag gebeur al hierdie dinge.

magda ·

Weet jy vriendin, as ek die crime program op tv sien en sien hoe baie mans hule vrouens en kids dood maak en di ontleding van di moord, dan dink ek ons polisi doen ni genoeg moeite om plan te maak om n moordenaar op te spoor ni, daai man is dalk iemand se famili lid wi se dogter hy kla vekrag en doodgemaak het en hule beskerm hom, want ek het dit al baie gesien, sodra di man vi imand sorg en hy pleeg sulke dade beskerm di vrou hom, want sy word met geld omgekoop, en geld praat hard, ek het n aangetroude famili lid aan my man se kant wat ook n moord gepleeg het, hyt sy tydperk van 20jr gesit en is vrygelaat, ek is so bang ek loop di man oit raak, want hy weet ek is met sy nefi getroud, di mans is wragtig siek en moet di doodstraf kry, want hoe meer tronk toe gaan lewenslank hoe meer belasting betaal ons hardwerkende mense,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.