
Argieffoto
Dit is die sewende hawelose wie se liggaam die afgelope ruk in hierdie gebied gevind is. Bronne ná aan die ondersoek beweer die polisie vermoed dit is die werk van ʼn reeksmoordenaar, maar amptelike woordvoerders wou nie hierdie bewering bevestig nie.
Ao. Hazel Mqala, woordvoerder van die polisie, het gesê dit is nie duidelik hoe die man vermoor is nie. Die man, vermoedelik in sy dertigs, is deur ʼn verbyganger in Unionstraat gekry. Die polisie is ontbied en het die liggaam toegegooi. Daar was gou ʼn skare nuuskieriges rondom die afgebakende gebied wat gekyk het hoe speurders die toneel vir leidrade fynkam.
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. ʼn Saak van moord word ondersoek, het Mqala gesê.
© RDM News Wire
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
4 Kommentare
Moorde en geweldadige misdaad sal nie tot ‘n einde kom voordat die doodsvonnis teruggebring word nie. Waarvoor is die ANC bang? Dat hulle of hulle vriende of familie so uitgedun gaan word? Dit sal hulle mos nie raak as hulle onskuldig is nie!!!
Dis nou regtig n monster wat dit doen aan iemand wat juis niks het en weerloos is. Geen moord of geweld teen iemand is reg nie, maar om iemand wat “down and out” is, dood te maak en niks eers het nie, dit is regtig n baie siek mens wat dit doen. Hoop n kerk of iemand stel n gebou oop om hierdie mense te beveilig en dat hulle darem beskerm kan voel.
Eksuus Pop, jou stelling is nie feitelik korrek nie. Jy kan nie drank vir alles blameer nie, ongeag hoe swaar dit jou laat kry het. Nog minder kan jy drank hier uitsonder as die enigste sondaar. Dis presies wat jy doen. Drank blameer vir alles. Nee man! Daar is baie van ons wat drink, maar matigheid ken. Tik aan die anderkant, kan jy nie los nie. Tik los vir jou, wanneer jy jou laaste asem uitblaas. Ek sien nie dat jy dwelms, slegte gewoontes, of net plein lief wees vir sleg wees, uitsonder nie?
Mandeia het eens gese dat julle net die doodstraf wil he om om swart mense te wil hang .Nou hoekom kan dit nie gepubliseer word nie.hy het dit gese,of is dit nou nie polities korek nie.