Reeksmoordenaar kry 150 jaar tronkstraf

Argieffoto. (Argieffoto: Unsplash)

Die hooggeregshof in Mpumalanga het Woensdag ʼn reeksmoordenaar vyf keer lewenslange tronkstraf vir moord en nóg 25 jaar vir regsverydeling opgelê. Die vonnisse sal nié gelyklopend uitgedien word nie en hy sal dus effektief 150 jaar agter tralies moet bly.

Julius Mndawe (24) het sy slagoffers, almal vroue tussen 15 en 24 jaar oud, beroof, verkrag en vermoor, waarna hy hul liggame aan die brand gesteek en hul oorskot in sy agterplaas begrawe het. Die moorde het tussen 2018 en 2019 in ʼn nedersetting buite Witrivier plaasgevind.

Hy is op 3 Julie 2019 in hegtenis geneem, nadat een van die slagoffers as vermis aangemeld en haar selfoon in sy besit gevind is.

“Hy het erken dat hy die vrou vermoor en in sy huis begrawe het. Die polisie het toe ʼn soektog in en om sy huis gedoen en op die vyf vroue se ontbinde liggame afgekom,” het Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie in Mpumalanga, gesê. Hy is van moord en regsverydeling aangekla, aangesien hy die vroue se oorskot begrawe en dus die polisieondersoek bemoeilik het.

Die provinsiale polisiekommissaris het die swaar straf verwelkom en gesê hy hoop dit sal as waarskuwing dien vir dié wat dit oorweeg om Mndawe se dade te herhaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Nie Verbaas ·

Mndawe. Malema sal nooit agter tralies beland nie. Cyril se baas

Witbaard ·

Hy moes die doodstraf kry vir sy gruweldade, nou kos hy die belastingbetaler net geld

Cherokee ·

Nou wát verwag jy anders as die doodstraf afgeskaf is? Koop eerder vir die regter ‘n bottel Bells.

Swerwer ·

150 jaar agter tralies en hul dink ons moet dit glo. Asseblief, ………….regtig hierdie regerende party dink ons is almal onnosel sotte wat alles glo wat uit hul monde kom. Hul kan nie eens vir Zuma agter tralies hou nie.

SwartBees ·

Dis laag hangende vrugte wat vinnig en maklik gepluk word. Diegene wat in die tronk hoort loop vrylik rond sonder enige vonnis.

Nie Verbaas ·

Hy is uit op parool binne 10 jaar net om dieselfde ding weer te doen. Dit is ons hopelose onbevoegde ANC se MO.

piet ·

‘n Lewenslange vonnis is nie gelyk aan 25 jaar nie. Die blote feit dat meeste vrygelaat word op parool na 25 jaar beteken nie die vonnis is verby nie. Hierdie belaglike lang vonnisse soos 150 jaar is maar net om seker te maak die persoon word nooit op parool vrygelaat nie. Die hele storie kan vergemaklik word indien die Hof in sekere gevalle uitdruklik beveel dat die persoon wat ‘n lewenslange vonnis opgele word, nooit op parool vrygelaat word nie (en dus nie daarvoor kan aansoek doen nie). Die bepaling moet egter so in die Wet ingeskryf word want tans is daar ‘n loophole deurdat mense wat lewenslank gevonnis is die reg het om aansoek te doen vir parool na 25 jaar ongeag.

Chris dupreez ·

Hoop die regter wat vervolg gaan word kry dieselfde

Martin ·

Nou is my golden question. Die reeksmoordenaar wat skuldig bevind is kry “150 jaar agter tralies” vir die reeks moorde wat deur hom gepleeg is op onskuldige mense, so dis nou afgehandel. Wat is die verskil tussen ‘n moordenaar wat ‘n reeks moorde gepleeg het en ‘n moordenaar wat byvoorbeeld 1 onskuldige persoon wreed vermoor het tydens ‘n plaas aanval en vrygelaat word op parool oor ‘n paar jaar? Moord is moord volgens my en of jy 1 persoon of 5 persone vermoor verdien jy ‘n minimum van 150 jaar agter tralies of die doodstraf…!

piet ·

Dis onmoontlik dat hy net 10 jaar kan sit. Volgens die huidige Wet sal hy minstens die helfte van sy vonnis moet uitdien voor hy vrygelaat kan word. Dus in hierdie geval gaan die ou minstens 75 jaar moet sit. Dis die verskil tans tussen so ‘n vonnis en lewenslank. As jy lewenslank kry, kan jy na 25 jaar aansoek doen vir parool. So teoreties gesproke is so ‘n belaglike lang vonnis erger as ‘n lewenslange vonnis.

AW ·

Dis die eerste keer dat ek hoor in my lewe, dat n veroordeelde persoon sal sit, af sonderlik vir elke misdaad wat hy ge pleeg het.

piet ·

Gewoonlik word die vonnis vir verskeie misdade gelyktydig uitgedien maar hierdie geval is nie uitsonderlik nie want soos jy kan sien kan die Hof besluit dat die vonnisse nie gelyktydig loop nie. Die effek is dan maar eintlik dat die ou nooit parool sal kan kry nie.

Misky ·

Kon alle regters nie maar so streng en konsekwekent wees nie. Hierdie gelyklopende vonnisse skrik niemand af nie. Puik en gee die regter ‘n Bells!!

Owlie ·

Wow hierdie span regs geleerdes moet die sake vsn al die vrouens wat in die Weskasp en oral vermoor is hanteer zan sal daar geregtighrid geskied – vat bv die Loevenstein moord waar die vrou oo gekap, haar liggaams dele in sy/ma se woonstel gevind is en niks kom van die saak nie

Karlahari ·

Welgedaan aan die regters.
Te h@l met hierdie samelopende vonisse.
Vonnis elke oorteding individueel en maak die totale vonnis tralie tyd.
En vir moord en poging tot moord verbeur jy jou stemreg. Permanent.

Sarel ·

Wel .. ek lees ” Nie Gelyklopend ” hoop dit is nuwe tendens om dit minder toe te pas….maar wat van Parool

Nico ·

Hy het nie nodig om weer te werk nie, gaan mos tuis in die staat se 5ster hotel, word na ‘n tyd vry gelaat vir goeie gedrag.

Waarnemer ·

En 3 weke later is hy op die gholfbaan saam jacob en schabier….”mediese parool”,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.