Reeksmoordenaar, -verkragter swaar gevonnis

Argieffoto.

ʼn Reeksmoordenaar en -verkragter is die afgelope week tot ses keer lewenslange tronkstraf gevonnis.

Nkosinathi Alpeos Ngcobo (32) is ook tot ʼn bykomende 146 jaar tronkstraf gevonnis in die hooggeregshof in Scottburgh, KwaZulu-Natal. Hy is skuldig bevind op aanklagte van moord, poging tot moord, verkragting, gewapende roof en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie.

Kapt. Simphiwe Mhlongo, woordvoerder van die Valke, het gesê Ngcobo is in 2017 in hegtenis geneem op aanklagte van ʼn dubbele moord en verkragting. “Die staatsaanklaer het egter besluit om nie te vervolg nie en eerder besluit op ʼn geregtelike doodsondersoek.”

Ngcobo is in 2018 weer in hegtenis geneem – dié keer op aanklag van gewapende roof. Volgens Mhlongo het sy regspan gepoog om die aanklagte te laat terugtrek op ʼn tegniese punt, maar het die plaaslike landdros geweier. Die landdros het die ondersoekspan drie dae gegee om bewysstukke in te samel vir ʼn borgtogaansoek.

Volgens Mhlongo is daar toe vasgestel dat Ngcobo ʼn reeksmoordenaar en -verkragter is wat aan 22 sake van moord, poging tot moord, verkragting, gewapende roof en huisbrake verbind kon word deur middel van DNS.

Lt.genl. Godfrey Lebeya, hoof van die Valke, het die vonnis verwelkom.

“Dit is teleurstellend dat sommige mense geen respek het vir ander se lewens nie. Ek is tevrede dat die beskuldigde vir ʼn lang tydperk gevonnis is. Die werk van die ondersoek- en vervolgingspan is prysenswaardig,” het Lebeya gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.

6 Kommentare

Sarel ·

6 x Lewenslank – 5 ( Word aaneenlopend uitgedien) so in werklikheid 1 x Lewenslank Lekker plek hierdie RSA

Waar ·

Satel, ek seker misgelees. Kon nie sien hy dien net een lewenslank vonnis uit nie. Wel dat daar 146 jaar bygevoeg word.

Abe ·

Sarel,
Dit het niks met SA te doen nie. Dit is algemene praktyk in alle moderne regstelsels. En dit is nie lekker nie.

Miertjie ·

Wat my dronkslaan, hoe kan n prokureur nog so n saak verdedig? Wat se tipe mens is hy? Ek weet dit gaan oor geld maar waarlik….!!

Abe ·

Miertjie,
Dit het niks met geld te doen nie. Dit gaan oor n noodsaaklike en baie goeie regsbeginsel, nl. dat elke aangeklaagde n reg het op die beste verdediging moontlik. As jy eendag in n hof staan as aangeklaagde sal jy besef waarom is dit n noodsaaklike beginsel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.