Lt.genl. Thembi Hadebe, polisiekommissaris in Limpopo, het die skuldigbevinding en vonnisoplegging verwelkom van ʼn reeksverkragter.
Godlip Reason Seoka (33) is Maandag 85 jaar tronkstraf opgelê op sewe aanklagte van verkragting, sê kol. Malesela Ledwaba, woordvoerder van die polisie.
Seoka het die gemeenskappe van Bolobedu en Tzaneen tussen 2015 en 2016 geteister deur vroue te verkrag en hulle van hul besittings te beroof.
“Hy het niksvermoedende vroue op pad na Tzaneen, wat nie die gebied goed geken het nie, geteiken. Hy het vir hulle hulp aangebied en na afgeleë gebiede gelok. Hy het daarna die vroue verkrag en hulle beroof.”
Die beskuldigde het ook vroue geteiken wat op die R71 naby Tzaneen Spar geryloop het op pad na Phalaborwa en Giyani. Een van die slagoffers is ook met ʼn panga aangeval tydens die voorval.
“Die polisie het ʼn wenk ontvang en die beskuldigde is op 28 Desember 2022 in hegtenis geneem ná ʼn lang ondersoek. Hy het tereg gestaan op aanklag van verkragting en roof.”
Die saak is na die polisie in Tzaneen se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings oorgeplaas vir verdere ondersoek.
Sers. Glenda Mathebula het die saak ondersoek en die beskuldigde se aansoek om borgtog is afgekeur tot hy in die Polokwane-hooggeregshof skuldig bevind is.
Seoka is soos volg gevonnis:
- aanklag 1 – verkragting – 23 jaar tronkstraf
- aanklag 3 – verkragting – 15 jaar tronkstraf
- aanklag 5 – verkragting – 8 jaar tronkstraf
- aanklag 7 – verkragting – 8 jaar tronkstraf
- aanklag 9 – verkragting – 8 jaar tronkstraf
- aanklag 11 – verkragting – 8 jaar tronkstraf
- aanklag 13 – verkragting – 15 jaar tronkstraf.
Aanklag 3, 5, 7, 9 en 13 sal gelyklopend met aanklag 1 uitgedien word.
Hy is ook onbevoeg verklaar om ʼn vuurwapen te besit.
Weereens, iemand anders as SAP het die werk gedoen
Stem nie saam. Orals ter wereld maak Polisie lede staat op wenke en ooggetuie verklarings. Of dit nou Japan , VSA of waar ookal is. Die publiek help baie maar neem nog nie die Polisie pligte oor nie.
Samelopende vonnisse beteken niks !
Kom ons kyk die Vonnis wat SA uitdeel..
GELYKLOPEND. Beteken een vonnis van 23 Jr.
PPAROOL. Sal op Parool vrygelaat word voor vonnis uitgedien is….
Msar die REG dien die GEMEENSKAP
Moennie sê 85 jaar as hy minder as 23 jaar gaan sit. Want parool is mos sy reg, voel niks vir die slagoffers nie. En dan word hy nog onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit. Hoe belaglik want geen skelm het ‘n wettige wapen nie.
Hoekom moet van die vonnise gelyklopend uitgedien word. Gelyklopend is ñ woord wat dringend uit die howe se woordeboek moet verdwyn. Watter reg het hierdie onmenslike onrehabiliteerbare reeksverkragter en moordenaar om op enige manier begenadig te word? Hy is veronderstel om die doodstraf te kry. Die wêreld sal beslis ñ beter plek wees sonder die skuim van die aarde!
Stem. Gee hom sy 60 jaar en sluit hom toe . Daar is soveel gevalle waar die moordenaar eintlik 240 jaar tronkstraf moet kry. Nou word sy vonisse saamgegooi. Op die ou einde stap hy uit na 13 jaar.
M.a.w., hy is eintlik onskuldig bevind op aanklagte 3, 5, 7, 9 11 en 13!
Hoekom gee julle dit deur as 85 jaar teonkstraf af dit nir so is nie, ons is ingelig so praat die waarheid reg. “Hy is ook onbevoeg verklaar om ʼn vuurwapen te besit”. Sy grootste wapen is waarmee hy die misdaad gepleeg het…. neem dit dan ook van hom weg, duidelik is hy onbevoeg om een te he.
Oog vir n oog en n tand vir n tand….stem saam