Reeksverkragter beken skuld: ‘Só het ek dit gedoen’

Argieffoto

Die 34-jarige Sikhangele Mki het in die hooggeregshof in Kaapstad skuld beken op 85 aanklagte teen hom.

Mki, wat in Mei verlede jaar in hegtenis geneem is, het skuld beken op 13 aanklagte van roof met verswarende omstandighede, ses van poging tot roof met verswarende omstandighede, drie van poging tot roof, twee van roof, vier van aanranding met die doel om ernstig te beseer, 27 van ontvoering en 30 aanklagte van verkragting. ʼn Klag van die rig van ’n vuurwapen is teruggetrek.

Mki het vroeër in sy pleitverduideliking erken dat hy tussen Januarie 2011 en November 2015 slagoffers van so jonk as 11 jaar tot vroue van 28 jaar oud verkrag het. Hy ook gesê hy het sowat vyf van sy slagoffers meer as een keer verkrag.

Die beskuldigde het gesê sy modus operandi was altyd dieselfde. Sy misdade het byvoorbeeld altyd in Delft naby Blikkiesdorp gebeur, met die uitsondering van misdade in Khayelitsha. Hy sou sy slagoffers volg, hulle vasgryp en dan ʼn mes teen hulle keel hou voordat hy hul selfone en ander waardevolle items sou buit. Hy het hulle daarna na ʼn afgeleë plek gesleep waar hy die vroue en meisies verkrag het.

Mki het gesê as ʼn slagoffer hom teegestaan het, het hy haar óf met die vuis óf met die agterkant van die mes geslaan, of in sommige gevalle het hy hulle in die hand of been met ʼn mes gesteek.

Hy het gesê hoewel hy kondome gedra het tydens die verkragtings, hy somtyds die kondome verwyder het. Volgens Mki is hy, sover hy weet, nie MIV-positief nie.

Die beskuldigde het aan die Kaapstadse hooggeregshof gesê hy het besluit om skuld te beken weens die DNS-bewyse teen hom.

Die saak is tot 7 Augustus vir vonnisoplegging uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Ouma ·

Daar is tog geen nut om so ‘n persoon vir jare op die staat se onkostes in die tronk aan te hou nie? Hy sal nooit rehabiliteer nie. Dit is nou in sulke gevalle waar die doodstraf kort kom.

Adam ·

Stem saam. Doodstraf is in elk geval te gandig vir sulke skurke. Wat van 2 ure in ‘n haaitenk?

Ai ·

Sjoe, polisie was nie baie produktief as die man vir so lank so baie vrouens verkrag en so baie mense geroof het nie….

Lee ·

Daar is vele, veeeeele meer opstraat wat al meer gedoen het as die “mens”

Sweep ·

Altyd “verswaarende omstandighede” want dit is die rede hoekom jy meisie, en vrouens sal verkrag.

nieBAFUnie ·

Die eerste indruk na aanleiding van die foto wat die artikel vergesel is dat die skurk ‘n wit persoon is. As die regte besonderhede dan nie vertoon mag word nie los asseblief dan enige konnotasie na kleur uit. Ag jammer……..as die ware skurk se kleur gewys was sou dit mos rassisme wees !!!!!!

Bokram ·

Wat stel jy voor moes die kleur gewees het van die persoon in die prentjie??maak dit dan nou n verskil aan die dade wat gepleeg is,gaan jy dan beter voel??

Willem ·

Dis uiters naief om te dink dat die argieffoto sonder bybedoelings gekies is.

zis ·

Hoekom vat dit so lank om iemand te vonnis? verstaan dit nie. As iemand weet vertel vir my die rede.

Landie van der Hof ·

Om voorvonnis verslae te bekom. Verslag rakende die oortreder se persoonlike omstandighede asook “victim impact reports” rakende die slagoffers en hul families.

Charmaine Coetzee ·

Dis sooooooooo siek van hom hoe doen n normale mens dit met n gewete

anton ·

Hy is nie n normale persoon nie en n gewete bestaan ook nie by hulle nie!!!
Daar is n naam vir sulkes maar sal dit liewers nie sê nie.

Sputnik ·

Daar staan duidelik “argieffoto” vir dié wat kan lees, maar ras agter elke tralie wil sien.

Naam ·

Die naam en van is duidelik in die verslag genoem om die ras en kleur te bepaal.

m ·

Dis soooooo jammer dat hierdie gemors op ons taxgeld in die tronk gaan sit. Dis so tragies….

gerrit ·

Word groot en dink waaroor jy praat.Dit is nie die foto nie,wel die verkragting van vroue.

Afrikaanse Knaap ·

Hierdie ou het dieselfde modus operandi in dieselfde buurt 85 keer uitgevoer.
Hy moes gekeer gewees het om dit die 1ste keer te kon doen. Dit gaan my verstand tebowe dat mens 85 keer met so oortreding kan weg kom, voor jy vasgetrek word.
En wat is sy straf?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.