Reeksverkragter en moordenaar vir lank agter tralies

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 42-jarige reeksverkragter en moordenaar wat tussen 2002 en 2011 ʼn skrikbewind in Limpopo gevoer het, is Maandag tot ses keer lewenslange tronkstraf gevonnis met ʼn bykomende 110 jaar tronkstraf.

Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die vonnisoplegging het Maandagmiddag in die Mahwelereng-streekhof plaasgevind. “Johannes Ledwaba het tussen 2002 en 2011 inwoners in die Mapela-omgewing buite Mahwelereng geterroriseer,” het Otto Dinsdag gesê. Sy het gesê die vonnisse sal nie gelyklopend uitgedien word nie.

“Hy sou verby sy slagoffers loop, hulle groet en met hulle ʼn geselsie aanknoop. Hy sou hulle dan gryp en in die bosse in sleep waar hy hulle sou verkrag en beroof.”

Otto het gesê 14 vroue is só verkrag. Hy het drie van sy slagoffers, onderskeidelik 13, 20 en 25 jaar oud, vermoor deur hulle te wurg.

Ledwaba is skuldig bevind op 14 aanklagte van verkragting, drie aanklagte van moord en twee van roof.

Die Mahwelereng-polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele oortredings het die voorvalle ondersoek en gesorg dat Ledwaba suksesvol vervolg word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Dave ·

Die mooiste nuus vir die dag sover is die woorde “Sy het gesê die vonnisse sal nie gelyklopend uitgedien word nie”. Hy gaan ses keer lewenslank sit en daarna vir nog 110 jaar! Ek hoop ander vonnisopleggers leer hieruit Dit is voorwaar ‘n heel van pas vonnis aangesien maksimum afgestel is. Soos reeds gesê, hopelik leer ander magistrate en regters uit die betrokke voorbeeld en volg die voorbeeld.

Dave ·

Om een of ander rede is daar in alle forum-gesprekke àltyd pessimiste soos jy. Mense wat àltyd kyk of daar iets is waarmee jy dit wat reg lyk kan bederf. En dan skryf julle so een-sinnetjie kommentare wat getuig van ‘nie werklik weet nie’. Vertel vir ons Lisa, wat jy weet van amnestie? En wanneer dit, soos jy dit stel, ‘tyd kan word vir amnestie’. Amnestie word gewoonlik toegestaan aan mense wat kriminele oortredings gepleeg het as gevolg van politieke redes.

CHRISTA ·

UITEINDELIK word die vonnisse nie gelyklopend uitgedien nie!! Ek hoop dit word in die toekoms ALTYD toegepas!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.