Reeksverkragter gevonnis wat minstens 32 vroue verkrag

Jonas Kgobo Moshabi (46) Foto: SAPD

Jonas Kgobo Moshabi (46) Foto: SAPD

ʼn 46-jarige verdagte is Vrydag in die hooggeregshof in Polokwane gevonnis in verband met die verkragting van 32 vroue, meeste van hulle bejaardes.

Jonas Kgobo Moshabi het die vroue tussen 2005 en 2012 in Moletjie in Seshego geteister.

Hy is tot 22 keer lewenslange tronkstraf gevonnis vir die misdade.

“Hy het sy slagoffers gewoonlik oorval wanneer hulle in ʼn mielieland gewerk of hout versamel het,” het kol Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, gesê. “Hy het ook by 10 van sy slagoffers se huise ingebreek.”

In meeste gevalle het Moshabi ʼn ongelisensieerde vuurwapen in sy besit gehad om die vroue te dreig en hulle besittings te steel. “ʼn Vrou is in een voorval in haar huis doodgeskiet,” het Otto bygevoeg.

Hy is in 2013 in Moletji in hegtenis geneem en was sedertdien in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Sune van Heerden ·

Dagsê Sharpei

Ons vra om verskoning vir die verwarring. Daar het ‘n fout ingesluip met die publikasie van die berig. Die man is tot 22 keer lewenslange tronkstraf gevonnis.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Uys ·

Verkragters kan tot lewens lank gevonnis word. Maar hy verkrag, roof en moor ek kry net 22 jaar. Iemand het nie werk gedoen nie.

Sune van Heerden ·

Dagsê Uys

Ons vra om verskoning vir die verwarring. Daar het ‘n fout ingesluip met die publikasie van die berig. Die man is tot 22 keer lewenslange tronkstraf gevonnis.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Rapes ·

Almal het hul bekke uitgespoel teenoor Pistorius se saak, maar die een het 32 verkrag en 1 vermoor en hy kry net 22 jaar. Is dit omdat hy swart is dat sy straf so lig is?

Sune van Heerden ·

Dagsê Rapes

Ons vra om verskoning vir die verwarring. Daar het ‘n fout ingesluip met die publikasie van die berig. Die man is tot 22 keer lewenslange tronkstraf gevonnis.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Jan ·

Berig is verkeerd. Sy vonnis was 22 x Lewenslank Gevangenisstraf plus in 353 jaar gevangennisstaf.

Sune van Heerden ·

Dagsê Jan

Dankie dat jy ons hierop gewys het. Ons vra om verskoning vir die verwarring. Daar het inderdaad ‘n fout ingesluip met die publikasie van die berig. Die man is tot 22 keer lewenslange tronkstraf gevonnis.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Sune van Heerden ·

Dagsê My opinie

Ons vra om verskoning vir die verwarring. Daar het ‘n fout ingesluip met die publikasie van die berig. Die man is tot 22 keer lewenslange tronkstraf gevonnis.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Uitstekende nuus ·

Dit is uitstekende nuus, hy sal NOOIT weer die arme vroue kan verkrag nie, sulke tye sou doodstraf handig te pas gekom het. Ek is werklik bly die vroue van Moletjie is weer veilig!!!!! Dit is net jammer dat jul lewe en aantasbaarheid van jul privaatheid en die seer van verkragting nie saak gemaak het vir al die rally’s & liga’s van die land nie. Dalk voel hulle julle is maar net ou vroue, pleing ewone werkers. Dankbaar teenoor die Polisie, staatsaanklaer, regter wat hierdie monster ge-identifiseer het, gevang het, toegesluit, aangekla, verhoor en behoorlik gestraf het!!!!!!!! Hierdie vroue het net soveel reg soos elke vrou en julle spannetjie het dit waar gemaak!

CHRISTA ·

Die 22 keer lewenslange tronkstraf is net so ‘n groot KLUG!! Dit word gelyklopend uitgedien!!! En dan kry hulle weer na ‘n paar jaar kans om aansoek te doen vir parool!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.