Reeksverkragter hoor sy lot in Noord-Kaap-hof

Argieffoto

ʼn 25-jarige reeksverkragter is vandeesweek in die Noord-Kaapse hooggeregshof tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

Kapt. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie verwelkom dié swaar straf.

Die man, afkomstig van Prieska, is tot lewenslange tronkstraf en ʼn verdere 27 jaar gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan drie aanklagte van verkragting, twee van huisbraak met die doel om te verkrag en een van die verhindering van ʼn polisiebeampte om sy pligte uit te voer.

Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

Die man het op 1 April 2017 by ʼn huis in ʼn Prieska-plakkerskamp ingebreek en ʼn 55-jarige vrou verkrag. Die volgende dag het hy ʼn 40 -jarige vrou verkrag.

“In November 2017 het hy sy derde slagoffer, ʼn tienjarige, ook van ʼn Prieska-plakkerskamp, verkrag. Die tienjarige is sy eksmeisie, wat ook die ma van sy kind is, se suster. Hy is enkele dae daarna in hegtenis geneem,” het Kock gesê.

Brig. Nomahlube Sofika, bevelvoerder van die Pixley Ka Seme-polisiëringsgebied, het gesê die vonnis beteken nou geregtigheid vir die slagoffers. Hy het bygevoeg dat die gemeenskap veiliger behoort te voel wanneer oortreders in die tronk gestop word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

D V ·

Waarvoor word lewens plus 27 jaar gevonis dan word gelyklopend uit gedien?
Regter kan mos net 27 jaar die beskldige tronk toe stuur.

Domvraag ·

DV dis n sirkus want of jy 1 of 100 verkrag maak nie saak nie want die vonnisse word gelyktydig uitgedien. So dis eintlik lagwekkend.

Reeksverkragter ·

As ek reeksverkragter lees, dan sien ek reeks vonnis, straf en wat sien ons hier, net lewenslank (25)& 27 by wat gelyklopend uitgedien word, dit laat al my hare regop staan, hy is nie rehabiliteerbaar nie, maar die belangrikste, het daai vroue se menswaardigheid & lewe so min waarde.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.