Die polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe in samewerking met die taktiesereaksie-eenheid het Donderdag ʼn gesoekte beweerde reeksverkragter in KwaZulu-Natal vasgetrek.
Kapt. Nqobile Gwala, provinsiale polisiewoordvoerder, het Vrydag gesê die 34-jarige verdagte is deur dié eenhede van die KwaMsane-polisie in Jozini se middestad in hegtenis geneem.
“Hy is reeds deur sy DNS verbind aan 13 verkragtingsake. Die sake is tussen 2012 en 2016 in Umkhanyakude, uThungulu en die Zululand-omgewing aangemeld,” het Gwala gesê.
Die man het Vrydag in die KwaMsane-landdroshof verskyn. Die saak is tot 25 Oktober uitgestel. Hy bly in aanhouding.
Net NOG ene ….baie baie siek mense in SA