‘Reeksverkragter’ in KZN aangekeer

Argieffoto

Argieffoto

Die  polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe in samewerking met die taktiesereaksie-eenheid het Donderdag ʼn gesoekte beweerde reeksverkragter in KwaZulu-Natal vasgetrek.

Kapt. Nqobile Gwala, provinsiale polisiewoordvoerder, het Vrydag gesê die 34-jarige verdagte is deur dié eenhede van die KwaMsane-polisie in Jozini se middestad in hegtenis geneem.

“Hy is reeds deur sy DNS verbind aan 13 verkragtingsake. Die sake is tussen 2012 en 2016 in Umkhanyakude, uThungulu en die Zululand-omgewing aangemeld,” het Gwala gesê.

Die man het Vrydag in die KwaMsane-landdroshof verskyn. Die saak is tot 25 Oktober uitgestel. Hy bly in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.