Reeksverkragter kry 22 keer lewenslange vonnisse

jail_barsʼn Reeksverkragter is Maandag in die Secunda-streekshof in Mpumalanga tot 22 keer lewenslange tronkstraf gevonnis.

Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, sê Bheki Khumalo (35) is die vonnis opgelê nadat hy skuldig bevind is op 21 aanklagte van verkragting, 17 aanklagte van ontvoering, vyf aanklagte van roof met verswarende omstandighede en moord. Khumalo is lewenslange tronkstraf opgelê vir die moord en 21 lewenslange vonnisse vir die verkragtings.

Khumalo het ʼn verdere 170 jaar tronkstraf gekry vir die ontvoerings en 75 jaar vir roof met verswarende omstandighede. Hy is dus tot 22 keer lewenslange tronkstraf plus ʼn bykomende 245 jaar gevonnis. Die vonnisse sal nie gelyklopend uitgedien word nie.

Mohlala sê Khumalo is op 7 Januarie 2011 in hegtenis geneem. Hy was sedert sy arrestasie in aanhouding en is na verskeie hofverskynings op 25 Maart vanjaar skuldig bevind op die aanklagte teen hom. Die hof het gehoor dat Khumalo sy slagoffers gelok het deur vir hulle werksonderhoude te beloof of hy het hulle daarvan beskuldig dat hulle ʼn kind wat hy winkel toe gestuur het beroof het. Hy het sy slagoffers met ʼn panga gedreig en hulle dan verkrag. Sy slagoffers was tussen 12 en 60 jaar oud.

Landdros Victor Ball het tydens vonnisoplegging gesê daar was geen versagtende omstandighede nie. “Ons kan nie vergeet dat die stryd teen misdaad voortdurend is en dat dit bult na bult is om uit te klim nie. Jy was ʼn seksuele roofdier wat die gemeenskap tot jou arrestasie in 2011 geteister het. Dit is duidelik dat sulke misdade ʼn langdurige uitwerking het in die geheue van slagoffers. Jy het talle minderjariges se maagdelikheid en die menswaardigheid van die volwassenes wat jy verkrag het, gesteel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Peter Says, ·

Jasper, netso. Hulle moet hom vir n paar uur vir die gemeenskap “leen” glo my, hulle sal hom ook gou kafdraf.

Johan Steyn ·

Dit verbaas my dat die jong seun van Griekwastad geboei word na skuldig bevinding maar dat die man wat 800 jaar tronkstaf gekry het met sy sakkie sonder boeie net afstap na selle. Pateties verby.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.