Reeksverkragter kry 441 jaar tronkstraf

Ndumiso Giyani. (Foto: verskaf)

Die hooggeregshof in die Noord-Kaap het Vrydag ʼn reeksverkragter tot 441 jaar tronkstraf gevonnis. Die beskuldigde, Ndumiso Giyani, het ʼn skrikbewind gedurende 2014 en 2018 in Kimberley, Galeshewe en Kagisho gevoer.

In 2018, ná ʼn intensiewe polisieondersoek, is Giyani deur middel van DNS met die misdade verbind en op 24 Januarie 2019 in hegtenis geneem.

Op 11 November 2019 is hy in die hooggeregshof in Kimberley skuldig bevind aan 14 aanklagte van verkragting, 12 aanklagte van roof met verswarende omstandighede en ses aanklagte van ontvoering. Een van sy slagoffers was vier maande swanger toe sy deur hom verkrag is.

Regter Mathebe Phatshoane het gesê dit is nodig om Giyani uit die samelewing te verwyder en die volgende vonnis opgelê: drie keer lewenslank vir drie van die verkragtings, 19 jaar tronkstraf vir elk van die 11 ander aanklagte van verkragting, 15 jaar tronkstraf vir elk van die 12 aanklagte van roof met verswarende omstandighede, 14 jaar tronkstraf vir die aanklag van poging tot roof met verswarende omstandighede en vyf jaar tronkstraf vir elk van die ses aanklagte van ontvoering. Dié vonnisse sal gelyklopend met die drie vonnisse van lewenslank uitgedien word.

Die polisiekommissaris het die betrokke polisielede en lede van die gemeenskap geloof vir hul bydrae om te verseker dat dié gevaarlike misdadiger agter tralies beland.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Eragrostis ·

Die belaglikheid hiervan is dat hy nie permanent uit die samelewing gaan wees nie, want op ń stadium gaan hy op parool wees, en miskien na 25 jaar is hy weer vir goed terug in die samelewing. Intussen moet ons as belastingbetalers hom daagliks ondersteun in die tronk vir sy basiese behoeftes. Nee wat, so ń straf sal nooit die mate van sy misdade regverdig nie.

Michael 1 ·

Die doodstraf sou meer gepas gewees het,441 klink baie maar dit sal n wonderwerk wees as hy die volle 15 jaar uitdien.

Niklaas ·

As die tronklewe swaar was, het ek nou applous gegee. Maar nee, hy sal heel tevrede wees met sy lot daar, want die lewe agter tralies in SA is glo heel lekker. Die term “hardepad” bestaan nie meer nie. Misdadigers se regte moet tog net nie aangetas word nie. Dan wag parool ook net om die draai

Nico ·

Bring terug die doodstraf dan sal die tronke nie so vol wees nie, die ou gaan lekker lewe in ‘n vyf ster hotel, oor ‘n paar jaar gaan hy vry gelaat word en dan doen hy dieselfde. Bring terug die doodstraf vir sulke mense. Die doodstraf is absoluut Bybels.

Scalla ·

Wat help dit, die groot jaar getalle van vonnis klink indrukwekkend, sal nie slagoffers terug bring nie, word nou lewenslank belastingbetalers se baby.

Jurg ·

Naaste boomtak sou die regte opsie gewees het hoekom moet ons betaal vir sy luukse lewe in die tronk. Maak ‘n voorbeeld van hom

Sarel ·

Hoeveel jaar effektief…. die vonnis is nie die papier werd waarop geskryf nie.

Jack ·

As hulle die hoender en tv wegvat dan staak hulle. Meer regte as die man op straat. Geen honger misdadigers nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.