Reeksverkragter kry lewenslank

Argieffoto: ANA.

ʼn Reeksverkragter gaan die res van sy lewe in die tronk deurbring nadat hy op vier verskillende aanklagtes van verkragting skuldig bevind is.

Die hooggeregshof in Bloemfontein het Patrick Tshepo Monyetsane Vrydag twee keer lewenslank tronkstraf opgelê vir verkragting, die bedoeling om te verkrag, huisbraak en aanranding met die doel om ernstig te beseer. Hy is ook twee keer 10 jaar tronkstraf opgelê vir twee ander aanklagtes van verkragting en huisbraak. Hy is ʼn verdere vyf jaar tronkstraf opgelê vir roof.

Die verkragtings het tussen 2009 en 2012 plaasgevind en in baie gevalle het Monyetsane by slagoffers se huise ingebreek terwyl hulle slaap en hulle verkrag. In een voorval op 13 Julie 2012 het die beskuldigde in die vroeë oggendure toegang tot die 25-jarige slagoffer se huis verkry deur haar kamervenster te breek. Hy het haar toe verskeie kere voor haar 10-jarige dogter verkrag.

Sy naam sal ook in die register van seksuele oortreders opgeneem word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Lynette ·

Lekker man… wat se straf is dit? Hy het slaapplek, kry kos. Wat se straf is dit?? Begin martel, ek sal dit met graagte doen!

Platjie ·

Laat hulle werk. Klere maak, sambrele, palisade. Laat hulle uit die tronk die China invoere fnuik en jets vir die samelewing beteken. Strate vee, parke skoonmaak, rivieroewers skoonmaak. Hulle mense regte behoort in te sluit dat hulle teen die einde van die dag waardig voel, waardig dat hulle hulle bestaan verdien het.

Sê net ·

@Platjie – Hoe durf jy hulle menseregte wil skend deur hulle teen hulle sin te laat werk? Hulle kry dan reeds so swaar in die tronk omdat hulle vrye beweging ingeperk is. Hulle het dit mos reeds duidelik gemaak dat hulle nie wil werk nie.

chrisjan ·

Hy kry nou ‘n heerlike lewe – vry verblyf ,medies ,kos en geen bekommernis om belasting te betaal nie en dit op ONS onkoste!Hy moes ook ontman geword het nog voor hy tronk toe gaan.More oormore kry hy parool en dan?Nee wat sy straf is nie die moeite werd nie.hy moes uit die samelewing gevat gewees het.Nie vyfster behandeling kry nie.

Genoeg ·

Sy naam kan in 100 registers van seksuele oortreders aangeteken word en dan sal hy nog steeds die laagste skuim op aarde wees. Boris Johnson het die regte siening na die mes aanvalle in London. Geen borg, geen luukshede, geen lang verhoor. Sluit alle ernstige misdadigers summier toe, gee hulle vir die res van hul lewens harde pad in die tronk en vergeet hulle daar. Moordenaars, verkragters en nog vele ander sal dan beslis 2x dink voordat hulle hul siek misdade uitvoer.

Lewenslank-is-nie-lewenslank ·

Dit klink na ‘n lang tyd, maar indien die regter/landros gestipuleer het dat vonnisse samelopend uitegedien word, kom hy na 25 jaar in aanmerking vir parool. Sou die regter se uitspraak stipuleer dat die vonnisse agtereenvolgens uitgedien moet word sal hy nooit weer ‘n vry man wees nie – dit is nou indien daar nie weer amnestie of iets dergliks toegestaan word nie. Ongelukkig word hierdie vonnisse die meeste van die tyd samelopend uitgedien. Ten minste sal hy vir 25 jaar niemand kan seermaak nie.

Dink weer ·

Ja, julle is almal reg. Hulle moes hom eerder vrygelaat het sodat hy verder kan verkrag? Regtig? Wat het van ons’volk’ geword? Kla as iemand skuldig bevind en tronk toe gestuur word?? Ek skaam my dood om met sekere Afrikaners geassosieer te word.

Lewenslank-is-nie-lewenslank ·

Liewe Dink weer

Nie een van die mense wat kommentaar gelewer het, het geimpliseer dat hy vrygelaat moes word nie. Hulle murmereer bloot oor die feit dat straf steeds te lig is. Hy het talle lewens direk en indirek verwoes. Mense is maar net moeg dat wetgehoorsame burgers in vrees moet leef en in sommige gevalle nie noodsaaklikehede soos medies, onderrig, ‘n blyplek, kos, ens. kan bekostig nie of dit teen ‘n hoe prys moet bekom terwyl hierdie verkragter nou al hierdie dinge gaan he op die belastingbetaler se onkoste. Respekteer tog hulle gevoelens ook. Ek is seker almal van ons is verheug dat hy ten minste tydelik uit die samelewing verwyder is, ons wens maar net dat sy straf swaarder was.
Groete en seen vir jou.
‘n Afrikaner

Dries Moolman ·

Waarom weet mens nie van hierdie verkragter nie? Omdat hy nie ons kele afgedruk is soos daardie siek Ninow nie. Die klink vir my maar ewe sleg, jammer dat die (sosiale) media dit nie so beskou nie.

George ·

Lewenslank, goed…….maar voeg hardepad bly. Laat hulle werk soos destydse bandiete wat passe in die berge moes bou . Genoeg paaie in die land wat aandag nodig het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.