‘Reeksverkragter’ nog nie met ander sake verbind

Die Rhodes-gedenkteken in Kaapstad Foto: Pixabay

Die Rhodes-gedenkteken in Kaapstad Foto: Pixabay

ʼn 35-jarige man wat beskuldig word van ʼn reeks verkragtings naby die Rhodes-gedenkteken aan die hang van Tafelberg in Kaapstad, sal Dinsdag in die Wynberg-landdroshof verskyn.

Die verdagte is in Maart in hegtenis geneem ná ʼn soektog van langer as vier maande nadat ʼn 23-jarige student aan die Universiteit Kaapstad op 19 November verkrag en van haar selfoon beroof is.

Talle ander verkragtings het ook in die gebied plaasgevind, maar die polisie kon nog nie daarin slaag om die verdagte aan die voorvalle te verbind nie. Die verdagte sal in die hof verskyn op aanklag van verkragting, ontvoering, gewapende roof en poging tot moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Kastrasie tyd ·

Dit is kastrasie tyd, regtig geen respek vir ‘n vrou nie, nog een Madame Gillian Schutte op jou boek!!!!!!!

Lance ·

Genade elke 2de berig is rape of verkragting verwant dit verswelg my al …en die regter se uitsprake lyk my kom elke dag waar nou

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.