Reeksverkragter sê vir slagoffers hy is jammer

prison-bars‘n Reeksverkragter het sy slagoffers en die gemeenskap om verskoning gevra tydens ‘n hofverskyning in die hooggeregshof in Pretoria.

Oupa Mashigo (33) het aanvanklik onskuldig gepleit op die 16 aanklagte, waaronder ses van verkragting, teen hom. Hy egter die week sy pleit verander en erken dat hy vyf vrouens verkrag het.

“Ek bevestig dat ek die voorneme het om om verskoning te vra aan teenoor al die klaers en die gemeenskap, maar ek weet dat ek nie net die pyn wat ek veroorsaak het kan laat weggaan nie,” het hy in ‘n verklaring gesê wat aan die hof oorhandig is.

“Ek bevestig dat wat ek gedoen het was wreed, onmenslik en onsedelik. Ek weet wat ek gedoen het was onwettig en dat dit strafbaar deur die wet is.”

Regter Mmonoa Teffo het Mashigo skuldig bevind op ses aanklagte van verkragting, een van ontvoering, vyf van huisroof en vier van roof met verswarende omstandighede. Mashigo het erken dat hy tussen Desember 2009 en Julie 2012 by sy slagoffers se huise ingebreek het en hulle met ‘n vuurwapen gedreig het voor hy hulle verkrag en beroof het.

Sy slagoffers sluit onder meer ‘n 11-jarige meisie in wat alleen saam met haar broer by die huis was. Hy het ook ‘n 15-jarige meisie in ‘n veld naby haar huis verkrag en haar op haar knieë laat staan met ‘n vuurwapen teen haar kop voor hy haar toegelaat het om terug te gaan huis toe.

Mashigo het gedreig om sy slagoffers dood te maak indien hulle sou skree. Hy het sy laaste slagoffer verkrag deur haar van ‘n kroeg af te agtervolg en met sy vuurwapen bewusteloos te slaan toe sy probeer terugbaklei het.

Van Mashigo se slagoffers wat die hofverrigtinge bygewoon het, was egter nie beindruk deur sy apologie nie en sy hy het geen berou getoon nie. Hulle meen hy moet tot lewenslange tronkstraf gevonnis word.

“Ek het wakker geword en hy was langs my met ‘n vuurwapen. Ek het terugbaklei maar hy het my oor die kop geslaan en verkrag terwyl ek bewusteloos was. Ek sal hom kan vergewe. Ek is veronderstel om dit te doen maar kan nog nie,” het een van sy slagoffers gesê.

Een van Mashigo se slagoffers is voor haar sewe- en vierjarige dogtertjies verkrag.

Die verhoor is tot 20 Augustus uitgestel vir vonnisoplegging.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.