Reeksverkragter sit baie lank

Mhlonishwa Ellias Mathebula. Foto: SAPD

Mhlonishwa Ellias Mathebula. Foto: SAPD

Mhlonishwa Ellias Mathebula (33) is in die Scottburgh-landdroshof in KwaZulu-Natal tot meer as 300 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is op 18 aanklagte van verkragting.

Kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, het gesê Mathebula is Donderdag in die Scottburg-streekshof skuldig bevind en is Vrydag tot 315 jaar tronkstraf gevonnis. Mathebula is nege keer lewenslange tronkstraf opgelê plus ʼn bykomende 90 jaar tronkstraf.

Mathebula van Umtwalume het in 2008 met sy skrikbewind begin en is op 8 Maart 2013 in Mehlomnyama naby Port Shepstone deur ʼn spesiale taakspan in hegtenis geneem. Die verkragtings is onder meer in Umzinto, Dududu, Scottburgh, Hibberdene, Msinsini en Port Shepstone gepleeg.

“Die onlangse getal skuldigbevinding en vonnisoplegging van seksuele oortreders in ons provinsie is verblydend, want dit is ‘n aanduiding van ons sukses in die stryd teen misdaad. Mathebula se skrikbewind is uiteindelik verby en die publiek kan troos vind in die feit dat hy nie langer in staat sal wees om onskuldige lewens te vernietig nie,” het lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Robby Uchi ·

Ek hoop hy word ook verkrag in die tronk – “Fresh meat manne ” Enjoy ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.