Reeksverkragter sit lank

Argieffoto

Argieffoto

Die hooggeregshof in Pretoria het ʼn reeksverkragter tot meer as 150 jaar tronkstraf gevonnis.

Bongani Mnguni (28) van Tsakane aan die Oos-Rand het desperate vroue gelok onder die voorwendsel van ʼn werksgeleentheid waarna hy hulle verkrag het. Mnguni het een van sy slagoffers met ʼn toiletsitplek aangerand voordat hy haar verkrag het. Sy is twee maande later in ʼn hospitaal oorlede.

Mnguni is in September 2013 aangekeer. Sy slagoffers het tydens sy verhoor getuig dat Mnguni hulle ná die verkragting gevra het of hulle dit geniet het. Mnguni het gesê hy verstaan nie hoekom hy skuldig bevind is nie aangesien hy van mening is dat hy nie die vroue verkrag het nie. Volgens hom het die vroue hom geld geskuld en kon dit nie terugbetaal nie. Hy het gesê die vroue het seks aangebied as betaling.

Mnguni is skuldig bevind op ses aanklagte van verkragting, ontvoering, roof, aanranding met die doel om ernstig te beseer en moord. Die regter het gesê die misdade is op die mees gevoellose en brutale wyse gepleeg.

Mnguni is afgesien van die drie keer lewenslange tronkstraf tot ʼn verdere 77 jaar en ses maande tronkstraf gevonnis. Die Nasionale Vervolgingsgesag het die vonnis verwelkom.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Paul ·

Nuusflits!Volgens ons regstelsel word sy vonnis geag Lewenslanl te wees, so na 20 jaar is hy weer uit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.