Reeksverkragter sit lank

Argieffoto

Lebogang Gift Mokoena (29), ʼn man wat passasiers in die taxibedryf jare lank geteister het, is Donderdag in die Palm Ridge-landdroshof gevonnis.

Mokoena was een van die reeksverkragters wat passasiers tussen September 2016 en Oktober 2018 in Booysens, Soweto, Vosloorus, Orange Farm en Roodepoort verkrag, ontvoer, beroof en geteister het.

Hy is in Oktober 2018 skuldig bevind op 13 aanklagte van verkragting, nege aanklagte van ontvoering, nege aanklagte van roof met verswarende omstandighede, nege aanklagte van die rig van ʼn vuurwapen en twee aanklagte dat hy iemand gehelp het om ʼn misdaad te pleeg. Hy het skuld ontken op alle aanklagte.

Mokoena is 13 lewenslange vonnisse opgelê op 13 aanklagte van verkragting en 340 jaar vir die ander aanklagte.

Sizakele Nkosi-Malobane, LUR vir gemeenskapsveiligheid in Gauteng, het die vonnis verwelkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Geregtigheid ·

Dankie tog een skurk uit die samelewing. Maar nou moet die belastingbetaler sy verblyf betaal. Sulkes behoort permanent uitgehaal te word want hulle rehabiliteer nie.

So what? ·

Dan word hierdie vonnisse seker ‘gelyklopend’ uitgedien? Vra die regsgeleerdes wat ‘lewenslank’ buitendien beteken. Die strawwe bly n klug.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.