Reeksverkragter sit lank

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Reeksverkragter van KwaZulu-Natal is Dinsdagoggend in die Durbanse hooggeregshof tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

Musawenkosi Gumede (29) is tot drie keer lewenslank gevonnis en 107 jaar tronkstraf vir ʼn reeks verkragtings, aanrandings en roof met verswarende omstandighede wat hy oor agt jaar tussen Oktober 2004 en Oktober 2012 gepleeg het.

“Die beskuldigde het vroue tussen 18 en 41 geteiken wat in Verulan, Ubombo, Jozini en Margate gebly het,” het Natasha Kara, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, gesê.” Hy het vroue aangeval wanneer hulle tussen hul huis en werk gereis het. “Hy het hulle met ʼn mes of vuurwapen gedreig, in ʼn bos ingesleep, en hulle geld, juwele, bankkaarte en selfone gesteel. Hy het hulle verkrag en dan van die toneel gevlug.”

Gumede is ook skuldig bevind op aanklag dat hy by enkelma’s se huise ingebreek het en hulle beroof en verkrag het.

“Sommige van die vroue is aangerand en een is in haar nek gesteek,” het Kara bygevoeg. “ʼn Ander vrou het sig in haar linkeroog en gehoor in haar linkeroor verloor as gevolg van die gewelddadige aanval.”

Gumede is tot drie keer lewenslank en 40 jaar tronkstraf gevonnis vir verkragting, 45 jaar vir roof met verswarende omstandighede, 12 jaar vir huisbraak en 10 jaar vir aanranding met die doel om ernstige liggaamlike skade aan te rig. Alle vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

Hy kan oor 25 jaar aansoek doen vir parool.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Winston ·

25 jaar van lekker lewe. Dit moes 25 jaar dwang arbeid wees. Dan sal hy nie meer krag oorhê vir parool aansoek nie

Christine ·

25 jaar vlieg soos ‘n droom verby. Hou lekker vakansie Gumede want as jy uitkom is jy in jou ‘prime time’ gereed om voort te gaan tensy iemand jou aan Christus voorstel en jy Hom aanneem.

Martin ·

Glo my, hy gaan juis vir Christus aanneem om op parool uit te kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.