Reeksverkragter swaar gestraf

Die verkragter, Paul Kgasago (49). Foto: SAPD

Die verkragter, Paul Kgasago (49). Foto: SAPD

ʼn 49-jarige man wat in 2012 ses vroue, waaronder ʼn kind en ʼn bejaarde, in ʼn kort tydperk verkrag het, is Woensdag swaar in die Limpopo-hooggeregshof in Polokwane gevonnis.

Volgens kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, is Paul Kgasago ses lewenslange vonnisse opgelê.

“Hy het gewoonlik op kwesbare slagoffers toegeslaan as hulle na hul bestemmings gestap het,” het Otto gesê.

“Hy sou hulle van agter af nader, gryp en in bosse intrek waar hy hulle met ʼn mes sou dreig en dan verkrag. Ná sy gruweldaad sou hy ook sy slagoffers van geld en selfone beroof.”

Sy jongste slagoffer was 11 en die oudste 87.

Die ondersoekbeampte, kapt. Chuene Makaleng. Foto: SAPD

Die ondersoekbeampte, kapt. Chuene Makaleng. Foto: SAPD

Puik speurwerk deur die ondersoekbeampte, kapt. Chuene Makaleng van die Lebowakgomo-polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele oortredings, het ʼn einde aan sy terreurtog gebring en seker gemaak dat hy nie borgtog toegestaan word nie.

Kgasago is tot ʼn verdere 75 jaar tronkstraf gevonnis op die aanklagte van roof.

Lt.genl. Fannie Masemola, provinsiale polisiekommissaris van Limpopo, het die swaar vonnis verwelkom en die ondersoekbeampte gelukgewens met die goeie ondersoek en sy harde werk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Theresa B ·

Dis nie swaar nie. Net die doodstraf is swaar genoeg……………

m ·

Dis net tragies om te weet dat hierdie siek mens op ons tax geld in die tronk gaan onthaal word………

Gesiggie ·

Well Done Kapt- Chuene Makalang… wil jy nie asb ingruip by die Plaas Moorde, maybe kan jy die Moordenaars vinniger opspoor” Ons het iemand nodig wat bereid is om te veg tot die einde… omdat dit hul werk is, en hul betaal word… en nie omdat hul gedwing word om dit te doen.. Ja mag jy Paul vir jou kry… vir al die leed wat jy aan die mense gedoen het. Glo nie jy sal ooit weer vry kan wees.

Pierre Celliers ·

Dis g’n straf nie! Hy word nou gratis huisvesting gebied met 3 etes per dag totdat hy sy kop neerle. En dit alles op my onkoste!

Leon van Rensburg ·

Hoe lank is sy lewenslank??? Tot die pissident(nee, nie ‘n spelfout nie), weer verjaar??

Zena ·

Kan die foto van die verkragter nie hanteer nie. Kon maroela nie n ander foto van die man gebruik nie? om so n foto van n beskuldigde van so na aard aanklagte te moet gebruik is nie baie taktvol nie. Mag hy nooit weer vrygelaat word nie.

CHRISTA ·

Dit lyk my hulle moet liewer kapt. Makaleng die minister van polisie maak. Hy blyk te weet waarvoor die polisie daar is en hoe om die werk te doen!!

Amanda Van Vuuren ·

18 Maart

Baie beslis ver vd gepaste foto af vir hierdie horrific crime!! Miskien het die man nie meer sy onderlyf nie??
En ook dalk beroof van enige klere wat hy besit het???

Hoop en bid dat parool nooit n opsie hier sal word nie!! Help graag betaal vir sy verbly, die vier mure vd tronk is dit oor en oor werd!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.