Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie in Mpumalanga, het gesê Nunu Nkosinathi Nkabinde is Vrydag in die hooggeregshof in Kwaggafontein tot 196 jaar tronkstraf gevonnis.
Die hof het gehoor dat Nkabinde en twee makkers tussen 2010 en 2014 ʼn skrikbewind in Kwaggafontein, Vlaklaagte en Tweefontein gevoer het. Die drie het vroue tussen die ouderdomme van 18 en 20 oorval, hul klere uitgetrek en dan om die beurt verkrag. Die slagoffers is ook hierna beroof.
Volgens Mohlala was van die slagoffers se kêrels geforseer om toe te kyk terwyl hulle verkrag is. Nkabinde is op 14 Augustus 2014 in hegtenis geneem. Hy is positief verbind aan agt sake van verkragting, agt sake van roof met verswarende omstandighede, twee van roof sowel as drie ander aanklagte.
Nkabinde is op sewe van die verkragtingsake tot lewenslange tronkstraf gevonnis en 15 jaar tronkstraf op die agtste verkragtingsaak. Die lewenslange vonnisse sal gelyklopend uitgedien word. Op die agt aanklagte van roof met verswarende omstandighede is Nkabinde tot ʼn totaal van 120 jaar tronkstraf gevonnis. Hy is tot ses jaar tronkstraf gevonnis op die ander aanklagte.
Waarom mag hy die lewenslange vonnisse gelyklopend uitdien?Dis nie regverdig nie.Hy moet nooit weer uit die tronk gelaat word vir wat hy gedoen het nie.
As die vonnisse gelyklopend is, is dit betekenisloos.
Ek stem saam, kan nie verstaan wat die doel is om soveel jare vonisse op te lê as dit nie toegepas word. Ek kan nie onthou dat ek al ooit gesien het dat die tipe van opleggings NIE samelopend was.
Die berig is misleidend. Sodra enige ander vonnis opgelē word, lewenslank of bepaalde vonnisse, is dit samelopend. Hy sal dus na 25 jaar vir parool kan oorweeg word. Waarom die regter hpm nie bloot 200 jaar gevonnis het nie, weet ek ook nie!
Regters is gebonde aan wetsvoorskrifte. Art 276B van die Strafprosesreg se effek is dat geen persoon langer as 25 jaar effektiewe gevangenisstraf opgelê mag word nie, maak nie saak watter vonnisse by meerdere misdade opgelê word nie. Hy is ook geregtig op parool as hy twee derdes van sy vonnis uigedien het, of na 25 jaar, welke ookal die kortste is. Die regter is by magte om ‘n periode vas te stel waarbinne die veroordeelde nie op parool geregtig sal wees nie. So’n bevel word tipies gemaak in gevalle van veroordeling weens meerdere misdade.
Nou wat het van sy twee makkers geword?
Wens moordenaars kan ook so swaar gestraf word.
Moordenaars of verkragters of plaas aanvallers al wat gaan help is n tou!!!
Gratis blyplek en kos vir die res van sy lewe waarvoor ek en jy betaal!
Hy’s gewoond aan ‘n plakkers hut, so hy glimlag al die pad na sy nuwe tuiste!!
Watse “straf”is dit??????!!!
Jy het iets vergeet. As hy daar uitkom kwalifiseer hy vir die parlement. N minister of staats president pos