Reeksverkragter swaar gestraf

hof-hamer

Argieffoto

ʼn 51-jarige man van Limpopo wat glo minstens 32 vroue verkrag het, is swaar gestraf in die hooggeregshof in Polokwane.

Mashudu Malabi, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê Jonas Kgabo Moshabi is 22 keer lewenslange tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is aan verskeie misdade, waaronder verkragting, poging tot moord, roof met verswarende omstandighede en die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie.

Malabi het gesê Moshabi se skrikbewind het in 2005 begin en hy is in 2012 in hegtenis geneem. Volgens Malabi is meeste van die misdade in die Seshego-area gepleeg. Moshabi het by talle huise ingebreek en vroue verkrag.

Hy is in hegtenis geneem nadat die polisie hom deur DNS-toetse met die misdade verbind het. Die hof het bevind dat Moshabi geen berou oor sy dade het nie en dat hy ʼn gevaar vir die samelewing is.

Die NVG het die vonnis verwelkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Maria van Dieweeck ·

Beteken dit hy kom weer uit na 22 jaar? Ek hoop nie so nie, hys n psigopaat! As n oog hou pla, grou hom uit. Hoeveel mans sal dan nog vroue verkrag?

Gelukkig nie ·

Gelukkig nie Maria, hy moet eers 22 keer lewenslank, maw 22 x 25 jaar sit voor hy kan uitkom, indien hy rehabiliteer sal hy ‘n gedeelte moet sit, maar dit sal meer wees as wat hy regte egte lewensjare oorhet. So die vroue van Seshego area kan ontspan, die vark sal nooit weer naby hulle kom nie. So persoon is ook nie rehabiliteerbaar nie, dit wat hy gedoen en die manier waarop hy dit gedoen het, maak hom absoluut een van die grootste gewentenlose skurke!

Scalla ·

En so sorg die belastingbetaler vir die uitvaagsel vir die res van sy lewe.

vra? ·

dien hy die 22 saam lopend uit of hoe? dit is mos hoe hulle dit deesdae het!!!

Wat-ek-lees ·

Ek glo dat daar ‘n regter is wat hier nie by betrokke was want . . . ek wonder maar net . . .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.