Reeksverkragter swaar gestraf

court-hammer_thumbʼn Reeksverkragter is tot agt keer lewenslange tronkstraf gevonnis, het die polisie gesê.

Kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het gesê Klaas Mbiza is in die Vereeniging-streekshof lewenslange tronkstraf opgelê vir elk van die agt verkragtings. Mbiza is tot ʼn verdere 120 jaar tronkstraf gevonnis op ses aanklagte van roof.

Mbiza is skuldig bevind aan die misdade wat in Vlakfontein, De Deur en Lenasia gepleeg is. Mbiza het vroue wat alleen geloop het van agter af gegryp en verkrag. Hy het hulle ook beroof.

Die misdade is tussen 2010 en 2012 gepleeg. Mbiza is op 9 April verlede jaar in Vereeniging in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.