Reeksverkragter tot 439 jaar tronkstraf gevonnis

Argieffoto

Argieffoto

Die reeksverkragter Sello Mkhomazi is tot 439 jaar en nege maande tronkstraf gevonnis.

Mkhomazi is skuldig bevind aan die verkragting van nege vroue en ’n 13-jarige meisie in die omgewing van KwaMhlanga en Vaalbank tussen 2009 en 2012.

Vusi Shongwe, LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, het die vonnis verwelkom.

Intussen is Douglas Mogakane ook vroeër die week tot 96 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is op agt aanklagte van ontvoering, agt van roof, twee van verkragting en ʼn aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

“Dit is een van die mylpale wat ons as regering moet vier deur te verseker dat misdadigers soos Mogakane en Mkhomazi voor stok gekry is. Gemeenskappe is afhanklik van ons vir hul veiligheid en daarom moet ons altyd hul vertroue wen,” het Shongwe gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Ivan ·

So na hoeveel jaar gaan hy uitkom op parool? Belaglike vonnis, 60 jaar sou dieselfde beteken het.

Pieter ·

Met of sonder die kans vir parool, anders is dit net 25 jaar…..

Sêmaarnet ·

Ai ja, en die jare agter die tralies gaan regmaak wat die gemors gedoen het?
Vertrou die polisie en die regering?
Wat ‘n grap. Net jammer niemand lag nie.

Testertjie ·

Ja en dan moet ons nog vir hulle sorg. Bring doodstraf terug.

Chrissie ·

Vandag lees ons van sy vonnis en Dinsdag van sy ontsnapping.

Snip ·

@Chrissie. Nou praat jy die heilige waarheid!!!!! Hou dop, binne kort lees ons daarvan. Grrrrrr

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.