Reeksverkragter tot sewe keer lewenslank plus 388 jaar gevonnis

Christopher Julies (Foto: SAPD)

Waarskuwing: Die besonderhede in die berig kan sensitiewe lesers en kinders ontstel.

Christian Cornelius (Christopher) Julies (38) is Donderdag in die hooggeregshof in Kimberley tot sewe keer lewenslank plus 388 jaar tronkstraf gevonnis op 34 aanklagte wat strek van verkragting, poging tot verkragting en aanranding.

“Die verkragtings het tussen Augustus 2011 en Februarie 2015 in verskeie dorpe en stede in Noordwes en die Noord-Kaap plaasgevind,” het kapt. SF Kock, woordvoerder van die polisie, gesê. Die voorvalle het in Galeshewe, Ritchie, Olifantshoek, Upington, Kathu, Kuruman, Postmasburg, Pampierstad en Mahikeng plaasgevind.

“Die laaste misdade is ʼn maand voor sy inhegtenisneming op 23 Januarie 2015 gepleeg,” het Kock bygevoeg. “Hy het sy slagoffers gewelddadig verkrag in afgeleë gebiede en gedreig om hulle dood te maak.”

Die slagoffers was tussen 13 en 23 jaar oud.

Die vonnisse word gelyktydig uitgedien. Regterpresident Frans Kgomo het ook beslis dat Julies se naam in die register vir seksuele oortreders aangeteken moet word.

“Dit is duidelik die misdade vooraf beplan was,” het adv. Ronewa Makhaga, vir die staat, gesê. “Die tydsberekening was ook beplan, omdat die beskuldigde toegeslaan het wanneer die vroue alleen was. Hy sou hulle vra vir water en sodra hy bevestig het hulle is alleen, het hy hulle aangeval.”

Phaladi Shuping, woordvoerder van die direkteur van openbare vervolging, het gesê Julies het ook vroue aangeval wat van kroeë af alleen huis toe geloop het.

“In nege gevalle was die meisies jonger as 18 jaar oud. Die jongste meisie was 13 jaar oud,” het Shuping bygevoeg. “Sommige van die minderjariges was op pad skool toe, toe Julies hulle aangeval het.”

Die vonnisse word gelyktydig uitgedien. Regterpresident Frans Kgomo het ook beslis dat Julies se naam in die register vir seksuele oortreders aangeteken moet word.

Makhaga het ook aan die hof gesê Julies het nooit kondome gedra nie en het al sy slagoffers blootgestel aan seksueel oordraagbare siektes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Wessels ·

Wie is die skuldige in die foto want ek sien 3 kriminele.

Anoniem ·

Hy behoort (chemies?) gekastreer te word.

Kan iemand met regskennis asb vir my verduidelik hoekom die vonnisse gelyk uitgedien word? Hy het mos nie al die vrouens gelyk aangeval/verkrag nie?

Adam ·

In die geval is daar eintlik geen ander keuse as om dit samelopend te maak nie, aangesien hy nie uit die hiernamaals teruggebring kan word om 7 lewenslange vonnisse plus 388 jaar uit te dien nie. Hy is maw verdoem tot ‘n lewe agter tralies tot die dood. Samelopende vonnisse kan ook in ander gevalle opgele word, bv ‘n misdadiger pleeg verskeie misdrywe tydens by een misdaad-tog. By vonnnis kan daar dan gelas word dat dit samelopend is. Indien die vonnis se duur verskil, sal tronkstraf dus loop vir die langste periode.

Lynette ·

‘n Oog vir ‘n oog. Bring die doodstraf terug. Dan gaan jy sien hoe raak die soort misdaad minder. Die probleem is hulle moet nogsteeds gevang word….. Bose kringloop.

zahn ·

Bring terug die doodstraf. Hierdie rampokker moet eerste hang.

Scalla ·

7 Keer plus 388 jaar gevonnis, los die moeilike somme en hang hom.

broos ·

help veel as hy 388 jaar gevonnis word maar dit word eenlopend uitgedien, dit beteken hy is 63 jaar as hy vrygelaat word (dis nou te se AS hy nie parool kry nie) wat op sy beurt beteken dat hy mos nogsteeds kan voortgaan met sy dade?

Keelvol ·

Ag toe nou. Oor ‘n jaar kry hy borgtog! Die vonnis moes lewenslange hardepad sonder enige kans vir borg gewees het. Maar, nou sit die gemors op my en jou belastingeld in die tronk met meer voordele as ons ouers wat al die jare ‘n positiewe bydrae tot die land gemaak het. Want hy word mos gereken as ‘n “mens” en ‘n mens het menseregte!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.