‘Reeksverkragter’ vas in Johannesburg

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

ʼn Vermeende reeksverkragter is Donderdag in Johannesburg in hegtenis geneem.

Lt.genl. Vinesh Moonoo, die polisie se hoof van speurders, het gesê die verdagte is op aanklag van roof in hegtenis geneem. “Daar is ʼn profiel opgestel en hy is aan meer as 25 sake van verkragting in Soshanguve, Rietgat en Booysens verbind.”

Moonoo het gesê die verkragtings het tussen 2008 en vanjaar plaasgevind. Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagte sal na verwagting Dinsdag in die Pretoria-Noord-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.