Reeksverkragter verdwyn voor vonnis

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man van Pretoria wat skuldig bevind is aan talle aanklagte van verkragting en ʼn aanklag van moord, het Vrydag nie by die hof opgedaag waar hy gevonnis moes word nie.

Bongani Mnguni (28) van Tsakane is vandeesweek in die hooggeregshof in Pretoria skuldig bevind aan ses aanklagte van verkragting, ontvoering, roof, aanranding met die doel om ernstig te beseer en moord. Mnguni moes Vrydag weer verskyn vir vonnisverrigtinge, maar het nie opgedaag nie.

Regter Jody Kollapen het die saak uitgestel tot ná teetyd in die hoop dat Mnguni teen daardie tyd opgespoor sal word, maar die hof kon steeds nie vasstel waar hy is nie. Dit is nie duidelik waarom Mnguni nie in polisie-aanhouding was nie. Die saak is tot Woensdag uitgestel.

Mnguni het vroeër vandeesweek ter versagting van vonnis gesê hy kan nie verstaan waarom hy skuldig bevind is nie, want hy het aan die hof verduidelik hy het nie die vroue verkrag nie. Hy het gesê die vroue het hom geld geskuld en toe hulle hom nie kon terugbetaal nie, het hulle hom seks as terugbetaling aangebied.

Volgens ʼn hofbeampte sal die vonnisuitspraak volgende week in sy afwesigheid gedoen word, as hy weer nie opdaag nie.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Winston ·

Dit was n onnadenkende uitstel. Na skuldig bevinding word saak uitgestel vir vonnis en die beskuldigde bly in hegtenis daarna tot hy gevonnis word. Dit was n ernstige oortreding of hoe? Eish ek verstaan niks meer in die land nie.

Theuns ·

Hoe belaglik, hy word skuldig bevind al daai aanklagte, hy weet hy gaan lewenslank sit. So, wat het hy om te verloor en hy kan net wen om weg te hardloop. Daai man moes nie losgeloop het nie. Kan die mense nie dink nie? Dit word genoem, gesonde verstand.

Es-Mare ·

Ek verstaan ni, hoe kan hy wegraak of ni opdaag ni. Hoe is dit dat die man op borg is of hoekom is hy ni in aanhouding tot vonnis ni. Nee regtig… het hulle hom vertrou en gedink hy sal terugkom? ? ?

Matahaarie ·

Reeksverkragter en tog is die gemors uit op borg ek hoop die sotlike regter wat dit toegelaat het slaap vanaand op ‘n bed van dorings want die gespuis wat hy so mildelik vrygelaat het gaan in die tyd nog iemand verkrag. Ons stelsel what a joke

Francie ·

Ja,nee wat sal mens nou sê . Ek kry die ondersoekbeamptes en polisie bitter jammer. Nou is al hulle werk ontdaan gemaak en moet hulle maar weer van voor af begin soek in stede daarvan om met ‘n ander saak te begin. En ‘n verkragter en moordenaar is terug in die samelewing dis die slagoffers wat met ‘n lewenslange vonnis moet saamleef. Maak my bietjie woedend.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.