Reeksverkragter was al as tiener doenig

Argieffoto

Ashraf Dyers (19) is vandeesweek in die Mmabatho-hooggeregshof in Mahikeng, Noordwes, tot lewenslange tronkstraf gevonnis op sewe aanklagte van verkragting en een van ontvoering.

“Dyers is skuldig bevind aan ʼn reeks verkragtings en die ontvoering wat tussen 31 Julie 2009 en 23 Augustus 2013 in Blydeville en Boikhutso in Lichtenburg plaasgevind het,” het sers. Kelebogile Moleko, ʼn polisiewoordvoerder, Donderdag in ʼn verklaring gesê.

Hy was 14 toe hy sy eerste slagoffer verkrag het.

“Hy het ses vroue en ʼn man verkrag,” het Moleko gesê. “Dyers het ʼn 28-jarige man op 7 Desember 2012 verkrag terwyl hy in polisieaanhouding was. Hy en die man het dieselfde sel gedeel. Hy het die slagoffer gedwing om met hom seks te hê en hom met die dood gedreig as hy hom sou verset.”

Die meeste van die vroulike slagoffers is in die aand in beboste gebiede verkrag. Hy het vroue geteiken wat alleen van winkels af huis toe geloop het. Hy het hulle met ʼn mes of bottel gedreig.

“Die Lichtenburg-polisie het uitstekende werk gedoen om te verseker dat ʼn reeksverkragter nou in die tronk sit, waar hy hoort,” het Moleko bygevoeg.

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Babs ·

Dit is eintlik net ‘n belofte van Lewenslank. Oor 6 jaar of wanneer die president verjaar is hulle uit op parool om te gaan vermeenigvuldig.

Bielie van die Bosveld ·

My beskeie mening, verkragters is nie rehabiliteerbaar nie.

Willie ·

Hy hoort nie in ‘n tronk nie Moleko, hy hoort om te swaai aan ‘n galgtou, die stuk gemors!

yolanda ·

dit het die polisis 4 jaar gevat,,,, glad nie uitstekende werk nie,, 1 verkragting is klaar te veel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.