Reeksverkragter weer in die hof

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man wat daarvan beskuldig word dat hy 62 kinders verkrag het, het Vrydag in die Protea-landdroshof in Gauteng verskyn.

“Die saak is tot 13 Junie uitgestel sodat verdere uitkenningsparades gehou kan word,” het ao Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, gesê. “Dit bied die man se prokureur ook die geleentheid om verder met hom te konsulteer.”

Die 40-jarige man staar altesaam 185 aanklagte van verkragting, gewapende roof, poging tot moord en diefstal in die gesig.

Sy naam kan nie bekend gemaak word voordat hy gepleit het nie. Hy bly in aanhouding.

Die man is verlede jaar in Julie in Tembisa in hegtenis geneem in verband met gesteelde koper toe ʼn polisiebeampte, wat twee dogtertjies se verkragting in Kliptown ondersoek het, hom aan die misdade verbind het.

Lt.kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die polisie, het ná die man se vorige hofverskyning in Maart gesê die man is deur middel van DNS aan ander misdade gekoppel. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.