Reëlings vir Joost se gedenkdiens

joost-van-der-westhuizen-gedenkdiensLede van die publiek wat Vrydag Joost van der Westhuizen se gedenkdiens in Pretoria wil bywoon, word versoek om reeds vanaf 10:30 by Loftus Versfeld aan te kom.

Van der Westhuizen se begrafnis vind die oggend plaas en is slegs vir familie en ander naasbestaandes. Sy kis sal hierna na Loftus geneem word.

Maroela Media verneem Pieter van der Westhuizen, Joost se broer, Derick Hougaard en Amor Vittone sal onder andere tydens die diens ʼn huldeblyk lewer. Daar sal ook kunstenaars optree tydens die diens, onder wie PJ Powers.

Die gedenkdiens begin om 12:30, maar lede van die publiek is versoek om vroeër te begin aankom aangesien daar van alternatiewe parkeerterreine by die Pretoria Technical High School, die Pretoria High School for Girls en die NG kerk Pretoria-Oos gebruik gemaak moet word. Daar sal ʼn pendeldiens van Pretoria Technical High School wees na die stadion.

SuperSport het aangekondig dat hy die gedenkdiens op sy kanaal SuperSport 1 sal beeldsaai sowel as op sy webwerf supersport.com. Die regstreekse beeldsending sal om 12:00 begin en om 15:30 eindig. Dit is nog nie duidelik of die diens ook deur ander instansies uitgesaai gaan word nie.

Van der Westhuizen is in 2011 met amiotrofiese laterale sklerose (ALS), ʼn aggressiewe vorm van motorneuronsiekte (MNS), gediagnoseer. Hy is Maandag in die ouderdom van 45 jaar oorlede.

Hy laat die ma van sy kinders, Vittone, sy twee kinders, Jordan en Kylie, sy pa, Gustav‚ ma, Mariana, en broers, Pieter en Gustav, agter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

gerbrandt ·

Dankie vir die goeie reelings. Dit word waardeer dat die publiek ook deel kan wees.

Hannelie ·

Baie sterkte aan Amor, Joost se twee kinders, ouers en broers met jul verlies. Ons gaan hom beslis mis! Maar sal hom altyd onthou as die beste skrumskakel wat Suid-Afrika nog opgelewer het.

Genieve ·

Ai gaan n baie hartseer dag wees vir di familie en vriende..maar die Here sal julle trane afdroog weet dit verseker.RIP Joost.

Connie ·

Ag wil hulle dit nie maar uitsaai nie? Asseblief man. Ons hier innie Kaap wil ook by wees maar Pretoria is te ver.

Delia ·

Connie, gaan na die internet na supersport.com
Dit gaan glo daar beskikbaar wees……hopelik in video formaat – dis al hoe ek dit sal kan bywoon.

Linda ·

Dit bly maar ‘n hartseer saak. Ek stem saam met al die gegewe kommentaar. Sterkte vir almal!

Heinrich ·

Dit is vir my so wonderlik om te sien hoe mense kan saamtrek in tye van nood/hartseer en iets mooi maak van so iets. Dankie Supersport dat jul bereid is om ons deel te maak van die herinneringe van Joost en sy lewe te “celebrate”.

Antoinette ·

HKM nie diens uitsaai op nie betaal kanale nie. BAIE aanhangers het nie DSTV nie.Sterkte aan die familie gaan n baie hartseer dag wees.

Magda ·

SAUK het probeer om toestemming te kry van die familie om die Diens uit te saai – maar is geweier.

Corrie du Plessis ·

Ai ek wens so Rudi Claaste kan ONS GOUE SEUN more by die gedenkdiens sing

Appel ·

Corrie, Rudi is verseker nie ons “GOUE SEUN” nie. Dink liewer Joost was die goue seun. Sit vir Rudi in ‘n paer rugby skoene dan praat ons weer.

raven ·

Appel, Corrie bedoel nie dat Rudie die goue seun is nie. Corrie bedoel dat Rudie die lied “Gou seun” moet sing.

Louise ·

Appek skrif wakker as jy weer skrik, natuurlik is die Goue Seun joost, Die ou sing dit net.
pffffff

GROOT AANHANGER ·

dink net dis baie unfair dat daar mense is wat nie geld vir DSTV het nie en ook Joos as hulle rolmodel aanskou het en nou kan net die wat DSTV die diens sien glad nie reg nie :-(

Michael Steyn ·

Ek het nou net die artikel van Huisgenoot gesien dat SABC glo die familie genader het vir toestemming om uit te saai, dit was nie toegestaan nie. Ek het DSTV maar dis afgesny na kleiner pakket. So ek kan nie online by Supersport kyk nie omdat ek nie Premium pakket het nie. So dis nie regverdig nie,

Karma ·

Wel, as jy wil kyk, moet jy maar betaal …. Dis die Wet van die Transvaal!

Bernie du Plessis ·

Joost vanaf die eerste dag wat jy vir die Bulls op die veld gedraf het, het jy boots and all in ons harte gekruip. Jy sal altyd ons grootste Hero bly. Ons sal jou altyd in ons harte dra. Rip Joost

Martin ·

Nou sê ek weer, toe hy gelewe het was die publisiteit welkom. Noudat hy dood is nie meer nie.
Hoekom?

oogies ·

Dankie vir die inligting Micheal dit is tog so onregverdig teenoor ons wat nie die DSTV het nie wens regtig hulle wil n heruitsending op n ander kanaal moreaand vir ons werkende mense ook gee. Joost was en sal my man en seun se held bly hulle is groot blou bul ondersteuners. Jy sal altyd in ons harte wees.

Magda ·

ek stem dat dit nie regverdig van die Familie is om die Diens te laat uitsaai net op DSTV nie – ek het DSTV maar so baie mense het nie – en Joost was ons almal se held – So ja ek voel dit is bitter onregverdig teenoor die mense wat nie DSTV het nie – BITTER ONREGVERDIG AMOR

Karma ·

Mense, LEES julle nie wat gesê word nie? DIE FAMILIE WOU NIE AAN DIE SABC TOESTEMMING GEE OM DIE DIENS UIT TE SAAI NIE. SuperSport het seker betaal vir die uitsaairegte. Laat iemand wat DSTv het, dit vir jou opneem en dan kan jy môreaand lekker daarna kyk. So eenvoudig soos dit.

daleen ·

Sterkte aan Jooste se ouers,broers,kinders, Amor en ander familie. Ons deel die pyn saam met julle.
Ons het ook n vriendin gehad met MNS.
Joost sal altyd in ons harte bly.

w ·

Ai appel maak tog seker jy lees reg voordat jy kommentaar lewer. RIP Joos

Johann ·

Hi Johann…van nog n Johann. Hoor en voel al die klippe val omdat ons durf vra of dit darm erg raak? Volgens my n verafgod van n mens. Ja…briljante rugby speler, maar ‘n mens. En vir die res…wel bly maar eerder stil ne?

Johann ·

Ja terwyl, as ek die skrif reg lees Johann kan vlees en bloed nie die koninkryk van God beërwe nie, liewers bid vir die onverganklike, mooi dag vir jou

KarenG ·

Johann x 2, ek kan seker verkeerd wees, maar ek dink nie dit gaan daaroor dat mense hom verafgod nie. Dink dis ‘n geval van hy was ‘n rugby legende en hoe hy sy siekte positief benader het. ‘n Mens kan dit respekteer. Maar dis net my beskeie opinie.

Mel ·

So dankbaar dat ons manne wat in di buiteland ook di diens op TV kan sien! RIV Joost, jy was en sal vir ewig ‘n legende wees, jou dapperheid het soveel mense aangeraak. Sterkte vir sy Familie en naasbestaandes! Mag God julle styf vashou en vertroosting bring in hierdie hartseer tyd.

Desiree ·

Dankie vir die inligting oor die diens, kan iemand nie weer probeer om die diens vir ons more aand op SABC te probeer kry nie, ons het ook nie DSTV nie en sal baie graag die totsiens wil deel, ek is nie n Blou Bul ondersteuner nie maar ek is n Joost ondersteuner. ASB SABC probeer weer !!!

Pietser ·

Die familie weier dat SABC dit uitsaai. Nie lewendig nie en ook nie later nie. Weier is weier.

Leon de Bruyn ·

Op Loftus het sy groot loopbaan begin en daar neem ons more afskeid van hom

Ai Tog ·

Ekt ook nie DSTV nie maar ja Amor scoop seker n paar rand om die alleen reg vir Supersport te gegee het.Dink dus haar laaste geld wat sy kan vat van die arme man.RIP Ou Grootte.

LMF ·

Ai tog ASB sy moet haar redes hê so wie is jy om haar te veroordeel ons het regtig nie die soort kommetaar nodig nie stuur n paar balonne in die lug ek gaan en dan is loftus n klipgooi van my werk af maar ek moet werk so maak die beste daarvan

Jeanette ·

Aai tog! Nou is dit Amore wat nie die diens wil uitsaai! Amore skep n paar rand! Aai tog! Al ooit gedink SuperSport betaal vir uitsaai regte die geld gaan na die J9 sigting. SABC wou dit dalk verniet he, en dan kry dir J9 stigting niks. Of SuperSport het alleenreg, en SABC moet dit van SuperSport kry. Die familie het di reg om dit te gee vir die hoogste bidder so al julle kerm kouse, wees dankbaar die geld gaan vir wat Joost voor gestaan het. Los tog vir Amore sy ly genoeg.

Annie ·

Hy was n ster op die veld nou het hy die mooiste ster geword.RIP Joost aan sy kinders ma pa en broer en famielie God us met julle

LMF ·

Dankie dat Joost daar waar hy sy loopbaan begin het tussen n klop skare en dankie dat hy met ons ook gedeel word dit is n baie groot voorreg Amore en kinders en so ook Joost se familie als van die beste want hy laat n groot gat agter en jul moet vrede vind in GOD se arms daar waar geen pyn meer vir Joost is nie Amen

lea ·

Alle sterkte aan almal van Joost se naasbestaandes. Rus in vrede jy verdien dien dit Joost jou siekte het jou siel gered.

Ada ·

Gaan kyk by die Wimpy of Spur met ‘n koppie koffie. Hulle saai altyd die rugby uit en sal ook die diens uitsaai- ek is seker daarvan,.

Moegviraldiebeloftes ·

Ek sien net sekeres is beskore om die diens te sien – wel vir julle wat dit nie kan sien nie wag maar vir die volgende 10 uitgawes Huisegenoot of YOU – daar gaan nou elke week iets van hulle en Joost in wees en sommer ook vandag se gedenkdiens prentjie vir prentjie en woord vir woord al die smart en alles tussenin. Wens net daar wil soveel aandag aan ander sake ook gegee word – maar sport is mos die god in hierdie land. Laat die wat heengegaan het liewer met rus en gee vir die wat nog lewe terwyl daar nog gegee kan word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.