Reën bring verligting

Jaco Nel van Rouxville in die Vrystaat bewonder die water in sy reënmeter Foto: Anso Nel

Jaco Nel van Rouxville in die Vrystaat bewonder die water in sy reënmeter Foto: Anso Nel

Reën het welkome verligting gebring vir verskeie dele van die land wat die laaste paar weke geteister is deur erge hitte en droogte.

Musa Mkhwanazi, senior wetenskaplike in die klimaatsinligtingskantoor by die weerdiens het bevestig dat daar van 08:00 Sondagoggend tot 08:00 Maandagoggend 17 mm by die Johannesburgse-lughawe gemeet is; 45 mm by Mara in Limpopo; 27 mm by Lichtenburg in Noordwes; 9 mm by Frankfort in die Vrystaat en 15 mm by Margate in KwaZulu-Natal.

Vir die volgende 24 uur het die sluise van die hemel behoorlik oopgemaak: by Irene naby Pretoria is 23 mm gemeet en by Unisa, ʼn paar kilometer daarvandaan, het 42 mm reën geval.

Volgens Mkhwanazi was daar ook in Mpumalanga verligting toe 43 mm by Amersfoort en 13 mm by Bethal gemeet is.

Die weerdiens het bevestig 17 mm is by Thabazimbi in Limpopo gemeet en 24 mm by Bela-Bela (Warmbad).

Kromdraai buite Potchefstroom in Noordwes het 54 mm aangeteken, Ventersdorp 17 mm en 15 mm by Ottosdal.

Die Vrystaat, wat erg onder die hitte gebuk gegaan het, het ook goeie reënval gehad. “Wepener het 72 mm gemeet, Warden 17 mm, Bethlehem 22 mm, Ficksburg 24 mm en Bloemfontein 15 mm,” het Mkhwanazi gesê.

Volgens Mkhwanazi het Kimberley en Kuruman in die Noord-Kaap onderskeidelik 18 mm en 15 mm se reënval gehad.

In KwaZulu-Natal is 37 mm in Paddock gemeet, 20 mm in Greytown en 14 mm in Vryheid.

Volgens die weerdiens word reën binne die komende week nog oor groot dele van die land verwag.

Het jy foto’s van die reën geneem? Stuur jou foto’s gerus aan ons met agtergrond oor die foto, persoon se naam (indien daar iemand in die foto is), waar die foto geneem is en wie die foto geneem het. Stuur dit aan [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Liewe land! ·

Amen! Prys die Here! Watter genade het Hy nie oor ons nie. Ek loof Sy naam!

Sorika ·

Alle lof en eer aan ons Hemelse Vader vir hierdie reen!!!!

Karel Sieta ·

En dit mense is hoekom dit reen –
1.Water van die aarde se oppervlak verdamp
2 Water damp vorm wolke.
3 ‘n Wolk bestaan uit klein druppels water
4 Wolk word te swaar en dit val weer aarde toe.

Henri ·

Ja Karel, Dalk is jy .n wetenskaplike met ‘n Phd. of wat ookal. Wat jy hier vertel het ek in aardrykskunde of so iets geleer. Ek was toe in die laerskool, skat dit was omtrent 1964, was in standerd 4.
Wat hulle nie in die klas verduidelik het nie was:- Wie het besluit en beheer die feit dat dit in die winter in die Kaap reen en in die somer oor die res van die land? Dalk (ek hoop) sal jy my kan vertel?

Gerhardt ·

En hoekom kry ons droogte as dit dan so eenvoudige siklus is?

SNEL ·

Ja Karel, jy is so reg, en om te dink ons Here het beheer selfs oor dit. Hoe GROOT is ons God nie, Hy hou alles in Sy hand en het ook beheer oor of dit reën of nie. Prys die Heer vir die reën wat Hy nou so oral op ons land laat val het, maar as Hy ook nie gee nie, sal ons Hom Prys…..Habakuk 3:17 Alhoewel die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel oplewer nie, die kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle sal wees nie – NOGTANS SAL EK JUBEL in die Here, ek sal juig in die God van my heil. Die Bybel sê in die laaste dae gaan baie mense afvallig raak, so as dit byvoorbeeld droog word en ons bid en niks gebeur nie, moet ons nie deur die vyand se leuens ingesluk word nie, staan vas deur moeilike tye in geloof, oë gevestig op Jesus en die wenstreep en hardloop met volharding die geloofspad saam met God, of dinge sin maak of nie. Elke knie sal nog buig voor God, jy het nie nodig om te glo in God nie, Karel, jou knië sal vanself nog eendag buig voor Hom, maar gelukkig het jy nog asem in jou longe en kan jy jou hart se deur oopmaak vir die Here, Hy wag vir jou met ope arms, niks kan ons skei van die liefde van Jesus nie, geen sonde is te groot.

Prys die Heer vir die reën en ons sal in gebed volhard en vra vir nog meer!!

Jan maak n Plan ·

Dankie Karl Sieta nou weet ek ook waar reen vandaan kom. MAAR onthou net een ding, dis alle in ons Liewe Vader se Groot Hande. Baie dankie vir ons reen Liewe Vader.

Kiewiet ·

Wat ‘n genade. Enige mens kan dit wetenskaplik verduidelik. Net God kan dit fisies laat gebeur.

frans ·

Niks sterker as gebed nie danki aba Vader n mense kan skatryk wees ma sonder water sal jy niks doen nie met dai rykdom nie

F ·

Dit is ma net weer n bewys ons christen aanbid n lewendig God nie n klomp doie bene in n kis nie

DPJ ·

Karel sieta, ons almal het die in die grade geleer, maar wie is agter dit alles? As dit so eenvoudig is kan jy net ‘n platiek tonnel op rig en al die voedsel produseer vir mens en die. Daar sal dan altyd genoeg voedsel vir dier en mens wees. Sterkte met jou konsep.

Cecile Vermaak Dorfling ·

Daar is allerhande stelsels wat normale reënval beïnvloed. Die een wat die droogte veroorsaak, is aan’t afneem en die een wat vloede veroorsaak is oppad. God het die natuur so geskape. Binne hierdie omstandighede besef ons opnuut Sy grootheid. Ons is afhanklik van Hom. Hy beheer alles. Dankie Vader dat U die onmoontlike moontlik maak.

Eliza-beth ·

Ons is almal dankbaar vir elke druppel, MAAR mense moenie ophou om mense wat water na droogtegeteisterde gebiede neem te ondersteun nie. As dit nie GOED in die opvanggebiede reën word damme nie vol en dis steeds ‘n probleem. Laat ons almal aanhou help en bid vir goeie reëns oral.

magda ·

Hoe groot is U – ek loof en prys U naam en goedheid, dankie liewe Heer vir U genade so groot!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.