Reën in binneland volgende week

reen-rainReën word van Maandag af oor ʼn groot deel van die binneland voorspel volgens die langtermynvoorspelling van die Noorweegse weerdiens.

Dit sal Saterdag reeds plek-plek begin reën. Meer as 40 mm word vir Bela-Bela (Warmbad) en Pretoria voorspel vir Saterdag, maar verder noord is die verwagte reënval skrapser.

Die slegte nuus is dat die voorspelde buie meestal nie groot neerslae gaan oplewer nie. Onder die voorspelde uitsonderings is Kroonstad, wat volgende Donderdag sowat 30 mm kan verwag. Orkney, ook in die mieliedriehoek, kan Maandag 26 mm kry en Donderdag weer sowat 40 mm.

Rustenburg kan Dinsdag bykans 22 mm lafenis verwag en Vryheid Donderdag meer as 30mm. Bloemfontein kan van Maandag af gereelde buie kry, maar sover word groot neerslae nie verwag nie. Kimberley kan Woensdag sowat 14 mm verwag. Upington kan Saterdag 18 Januarie, wanneer die reën elders grootliks gewyk het, sowat 8 mm kry.

Geen reën word in hierdie tyd vir die Wes-Kaap voorspel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Knersus D ·

What the fudge??? Noorweegse weerdiens? Sal maar my reenmeter uithaal en kyk hoe akkuraat hulle was.

Gerhard ·

Ek hoor jou. Ons weerdiens het nou so vrot geraak met diè dat hulle vir ons so ‘n erge droogte en hierdie onaangename hittegolwe organiseer dat onse president nou summier el-nene afgedank het en ‘n lekker koel Noorweë aangestel het. Is dit nie juis Noorweë waar een van ons eerbare en diplomatiek immune dienaars vir dronkbestuur aangekla word nie?

Amelia ·

Goed, ek het gaan soek, Bethlehem wys nie op die blad nie.

WIlliwragtag ·

Seker 23.5mm Beulah! ;-) Ek is net verbaasd dat die Noorweegse weerdiens wat duisende km’s weg is dag en datum tot op die laaste mm reen voorspel.

Piet Pompies ·

Hier web tuiste, http://www.yr.no/place/South_Africa/ het onstaan nadat studente van die land as ‘n taak die weer van verskeie plekke in die wereld moes bepaal oor ‘n sekere periode. Dit was so suksesvol dat die Lektor die studente bygestaan het om ‘n permanente webtuiste te maak. Gebruik die link bo, gebruik die soek enjin om kleiner dorpies se weer op te soek. Ons gebruik hierdie webtuiste al 3 jaar omdat reen ‘n invloed op ons maatskappy se produksie het.

Mielies ·

Ons gebruik ook yr in ons besigheid hul is baie behulpsaam met langtermyn voorspellings vir reen en druk stelsels.

Miemie ·

Hi, Piet Pompies, dankie vir die link maar hulle weer voorspelling is baie uit. Die laaste paar dae se temperature in die Vrystaat, Welkom klim tot 49, Die 36 wat hulle sit tussen 17h00 en 23h00 is minimum 38. Oggend temperature begin so 6h00 al by 32. Dink hulle probeer hard maar sukkel….

Chris ·

Hi Miemie dalk moet jy vir ons die weer voorspel dat ons sien hoe raak is jou voorspelling.

pieter ·

Die weervoorspeller is net dit-hy/sy is nie ‘n weermaker nie!

Pieta ·

Miemie die Noorweegse ouens is baie betroubaar.
Wil lyk asof Piet Pomp se studente nog heelwat moet leer.

Magda ·

Bietjie deurmekaar. Is die reen vir Upington vir saterdag of die 18e Januarie voorspel?

pieter ·

Ag dankie tog dat daar vooruitsig vir reen is – is daar miskien ‘n skatting vir Mpumalanga (Middelburg)?

Amanda ·

Ag dankie Vader vir elke druppel reen wat gaan val. Maak nie saak wie dit voorspel en waar dit val nie solank dit tog net wil reen.

Liewe lulu ·

Al wat ek ons Liewe Vader vra ASB dat hul moet regwees die keer Amen

Elizma ·

Ek kyk en luister glad nie meer die voorspelling van die weer nie!!! Bid bid bid en bid sonder ophou…….God weet wat ons nodig het,HY sal voorsien, SY tyd, SY plek!!!!

frans ·

Heti me eskom nodig nie sit somer die kospote buite in die son so warm is dit

Jo ·

Amanda ek stem saam met jou mense stuur op fb en ander sosiale media gebeds versoeke aan vir reen en nou dat daar moontlikheid is daarvoor kla hulle, is hulle te slim, hulle klink amper soos die Israeliete van ouds waarmee Moses te doen gehad het……

Elize ·

Kom ons hou ons oë op die Here, Glo en Bid. Ek sien al hoe mooi groen word ons land weer en sterkte aan al die Boere wat so gebuk gaan onder die droogte. Ons harte gaan uit na jul!

sarie van heerden ·

Weersomstandighede word nie “voorspel” nie. Dis wetenskaplik navorsing wat gedoen word en daarom is dit aanvaarbaar. Dis nie ‘n dolosgooiery nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.