Reën in noorde duur voort

(Argieffoto: pixabay)

Die weeklange reën in die noordoostelike dele van die land sal Donderdag verder voortduur. Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) hou hy die moontlikheid van oorstromings in dié gebiede fyn dop.

Khumsa Masizana, weervoorspeller verbonde aan die SAWD, sê daar is Donderdag ’n kans vir reën van tussen 30% en 60% oor dele van Mpumalanga, Gauteng, KwaZulu-Natal, Noordwes, die Vrystaat en Limpopo.

Die nat weer sal na verwagting teen Vrydag effens opklaar voordat die reënwolke weer teen Saterdag sal begin saampak.

“Donderbuie word vir vanmiddag (Donderdag) vir die meeste dele van Gauteng, die suidwestelike dele van Mpumalanga en die suidelike dele van Limpopo voorspel,” sê Masizana.

“’n 30%-kans vir reën en verspreide donderbuie word ook weer Saterdag vir hierdie gebiede voorspel, wat dan tot Sondag sal voortduur.”

In die Wes- en Oos-Kaap – waar reën aan die begin van die week uitgesak en tot oorstromings op sommige plekke gelei het – het die reën eers gewyk.

Ligte reën word vir Donderdag ook vir die westelike dele van die Noord-Kaap voorspel, terwyl die res van die provinsie ’n sonskyndag sal ondervind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Shakespeare ·

Die arme mense in George loop kwaai deur. Sterkte julle dis baie traumaties. Al wat ek kan sê is, praat julself moed in. Julle sal hierdeur kom.

Boer ·

Twee jaar terug toe die Kaap amper sonder water was het ons almal gebid vir reen en GOD het ons almal geantwoord. Ek voel jammer vir die mense in George maar ons moet nie kla nie want die droogte kan weer kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.