Reën kan kans op beurtkrag verhoog

Argieffoto (Pixabay)

Eskom het Donderdag gesê dit is onwaarskynlik dat beurtkrag gedurende die vakansietydperk toegepas sal moet word, maar swaar reënval kan wel ʼn impak op dié maatskappy se opwekkingsvermoë hê.

Geen beurtkrag is vir die afgelope vier dae toegepas nie en Suid-Afrikaners hou duim vas dat hul Kersboomliggies dwarsdeur die feesseisoen sal bly flikker. Eskom sê hy verwag dat beurtkrag nie gedurende dié tydperk nodig sal wees nie aangesien die sluiting van talle sakeondernemings en fabrieke na verwagting tot gevolg sal hê dat kragverbruik sal afneem.

“Swaar reënval van Desember tot Maart kan wel die hantering van steenkool en die voer van die stoomketels beïnvloed wat potensieel ʼn impak op kragopwekking kan hê. Hoewel ons nie voorsien dat beurtkrag toegepas sal word nie, waarsku ons verbruikers dat die kragstelsel steeds kwesbaar is en enige verandering kan die waarskynlikheid van beurtkrag verhoog,” sê Eskom in ʼn verklaring.

Die kragreus sê verder hy gaan voort met die implementering van sy kort- tot mediumtermyn nege‑punt-herstelprogram wat ten doel het om steenkoolvoorraadvlakke en kragstasie-uitsette te verbeter. “Gedurende Desember sal Eskom sy instandhoudingsbedrywighede verskerp in ʼn poging om opwekkingskapasiteit te verbeter voordat sakeondernemings weer in die nuwe jaar heropen.”

Eskom sê vordering word reeds gemaak om die steenkooltekort op te los. Altesaam 35 nuwe steenkoolkontrakte is tussen Januarie en 9 Desember vanjaar gesluit om altesaam 94 miljoen ton steenkool aan te koop.

Verbruikers is ook ingelig dat hoewel beurtkrag nie noodwendig toegepas sal word nie, kragonderbrekings wel kan voorkom weens tegniese foute op die verspreidingsnetwerk. Sodanige foute moet by die betrokke kragvoorsiener, hetsy Eskom of die munisipaliteit, aangemeld word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

madelein kamfer ·

Rustenburg het nog elke dag sit nou weer sonder krag in die hitte waar oor die weer ons waarsku

Boskind ·

Is dit nie vreemd dat nadat Pravin Gordhan gesê het die Senior Bestuurders van Eskom se verlof is afgekeur om die beurtkrag kwessie op te los, nou is daar skielik nie nodig vir beurtkrag in Desember??? Hoe is dit so gou opgelos??? Ek ruik ‘n rot…

honourable member ·

ALtyd een of ander liegstorie. Vertel net vir eens en vir altyd die waarheid. Reen het nog nooit enige tyd beurtkrag versoorsaak nie so hoekom nou eweskielik. Dis die swak bestuur van Eskom wat al hierdie chaos veroorsaak. Kragsentrales word nie onderhou nie so die goed breek so eenvoudig soos dit!!!!!

toy ·

Nou moet reen die skuld kry vir beurtkrag. Dit raak net belagliker by die dag.

Moeksie ·

Ek stem – in al my jare op hierdie planeet het reen nog NOOIT die krag beïnvloed nie. Dit is pleinweg SWAK BESTUUR en onvermoee om werk te doen. I rest my case…. feite…

Nettie ·

@Moeksie, jy bly nie waar ek bly nie (en dis in die Wes-Kaap, waar dinge darem nog so effe beter werk as in die res van die land).

Ons is al gewoond aan kragonderbrekings (en dis nie beurtkrag nie): as dit nie kabeldiefstal is deur die spul onwettige immigrante van Stofland (De Doorns) nie, dan veroorsaak die wind of reën kragonderbrekings …. omdat die plaaslike toevoer (kabels) van Eskom in so ‘n swak toestand is, dat as daar net ‘n takkie teen dit vaswaai, “skop” dit dit die krag uit.

En dan moet die “tekniesjins” van die Kaap af eers deurkom om dit reg te maak. Nou die dag het ons van 06:20 sonder krag gesit en toe die krag 14:30 aankom, kry ons beurtkrag. Ons krag het eers weer ná 5 die middag aangegaan.

julius ·

Die ondernemings wat oor Desember sluit het nie ‘n groot invloed op die land se kragverbruik nie. Die groot fabrieke wat baie krag verbruik werk regdeur.

XtremeJakes ·

Ek lag so vir die gebruik van die term “kragreus”. Dít is hulle beslis nie meer nie. En dan die belaglike rede dat reën die opwekking gaan beïnvloed, laat my net wonder hoe naif dink hulle is ons verbruikers.

Piet ·

Nou hoekom het die reen geen invloed daarop gehad vroer jare nie en nou eweskielik…

Donderstorm ·

Ja en eskom bestuur kry seker weer reuse bonusse waar die blou kraag werker weer aan die kortste end trek ss gewoonlik wie bring die geld in die blou kraag of die manager?hoogtyd dat bestuur baie laer verhogings kry en die blou krae werkers bietjie meer .

zoom zoom ·

Kan MM of ‘n iemand wat dalk weet, het Brain Moleffie al die bonus geld wat hy ontvang het terug betaal soos deur die hof opgelê is. ??????//

LouE ·

REEN was nog altyd welkom in Suid Afrika en word met dank aanvaar uit die hand van ons Here. Dis nie onderhandelbaar nie – so soek maar ‘n ander verskoning.

Brett Meyer ·

Gelukig het dit nog nooit gereen van 1923 toe eskom geform is nie…… So die voer van die voer was nog nooit ‘n priebleem Nie…………..
Ons is die huidige bespotting van die wêreld. Geen wonder ons is rommel status nie. Wie glo die snert in SA.
Val om en grou ‘n gat. Ons sal jou toe gooi

Penellope Jones ·

Hoe is steenkool dan tevore hanteer dat reen dit nou eweskielik dit kan affekteer?
Dit het mos nog altyd gereen . . . . . .mos nie eweskielik dat dit nou geag moet word as ‘n verskynsel nie . . . . .

My Jinne! ·

Die reën (liewe Vader, mag daar sommer baie daarvan val asb) mag dalk ‘n invloed hê en die hemel mag dalk val dan dra ons almal blou kêppies. Of Eskom se mense kan dalk ‘n slag van julle jisse afklim en begin werk eerder as om aanmekaar verskonings uit te dink.

Annie ·

Regtig? Elke trick is nou al getry in die boek…..Escom julle is onbevoeg om julle werk te doen. As ek terugdink aan my jonger dae was daar nooit sprake van enige van hierdie belaglikhede nie. Waar in jou lewe het jy gesien dat reen n gevolg kan he van kragonderbrekings. Kom by Eskom. Julle is belaglik verby en NIEMAND glo die bollie wat julle praat nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.